‘Leer kinders oor geskiedenis’

2012-02-21 22:53

“Ouers moet kinders meer (geskiedkundige) stories vertel,” het dr. Dirk Hermann, voorsitter van Solidariteit se Helpende Hand, gister by die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion gesê.

Hermann het die grondslagfase (gr. 0 tot gr. 3) in die lig van Wêreldmoedertaaldag toegespreek en gewys op die belangrikheid van stories, veral geskiedkundige stories, in die vorming van kinders se identiteit en die daarstel van goeie waardes.

“Dis belangrik dat kinders hul en hul voorouers se geskiedenis ken sodat hulle weet waar hulle in die wêreld inpas,” het hy gesê.

Volgens hom word geskiedenis dikwels verdraai en skeef oorgedra. Dit is dus belangrik dat kinders ’n gebalanseerde weergawe daarvan hoor.

Verteenwoordigers van Solidariteit Helpende Hand en leerlinge van die laerskool het later die storie van Japie Greyling, die Afrikaanse kinderheld, in ’n toneelstuk uitgebeeld.

Japie het geweier om in die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog) Britse troepe te sê waar sy pa en sy kommando is, selfs toe hulle gedreig het om hom te skiet.

AfriForum het opnuut Afrikaanssprekendes gevra om die Red Afrikaanse skole-veldtog te ondersteun. Dié veldtog is in Januarie begin teen die regering se hernude pogings om Afrikaans as onderrigmedium uit skole te verdring.
 

Lede van Solidariteit Helpende Hand en leerlinge van die laerskool Louis Leipoldt in Centurion beeld die storie van die kinderheld, Japie Greyling, op die verhoog uit. Foto's: Brendan Croft


Lede van Solidariteit Helpende Hand en leerlinge van die Laerskool Louis Leipoldt in Centurion beeld die storie van Japie Greyling, die kinderheld, op die verhoog uit.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.