Leerling voor Pta-skool beroof

2009-11-27 00:33
Candy

Mev. Lee King (agter) en haar dogter, Candy, wat buite haar skool aangeval is. Foto: leon botha

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Groep seuns het ’n 17-jarige meisie van Mountain View in die noorde van Pretoria gisteroggend voor haar skool met messe gedreig, geslaan, geskop en van haar selfoon beroof.

’n Bakleiery het daarna uitgebreek waartydens die seuns inwoners van die gebied met klippe bestook het.

Candy King, ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Hercules, en ’n vriendin het omstreeks 10:40 voor die skool gesit en vir haar ma gewag toe sy ongeveer 16 skoolseuns van ’n ander skool in die pad sien aankom het.

“Hulle het eers na ’n ander ou gestap en hom deur die gesig geklap en deursoek, maar het niks aan hom gekry nie,” het Candy vertel.

“Daarna het hulle twee ander meisies gepla en toe ek weer sien het hulle voor ons gestaan. Een seun het my in Engels gevra wat in my sak is.

“Ek het gesê daar is niks in my sak nie. Hy het gesê ek moenie jok nie en toe kyk hy in my sak en gryp my selfoon.”

Sy het onmiddellik opgespring. Die seun het ’n mes uitgepluk en teen haar keel gedruk, het Candy gesê.

“Ek het na die hand met die mes gegryp en toe my selfoon uit sy ander hand gegryp. Drie van sy vriende het nader gestap en toe begin hulle my slaan.

“Ek het die een hard geklap en toe klap hy my seker so drie of vier keer deur die gesig.”

Hulle het haar ook op haar lyf geslaan en op die grond neergegooi. “Terwyl ek op die grond gelê het, het een my in die sy geskop en toe gryp hulle weer haar foon. Ek het weer opgestaan en vir my vriendin geskreeu om weg te hardloop, maar sy het bly staan.

“Hulle het my weer omgestamp en in die ribbes geskop en toe hardloop hulle weg.”

’n Man wat Candy probeer help het, het die seuns in sy voertuig agternagesit en een seun gevang en opgelaai.

“Verskeie inwoners het uit hul erwe gekom. Die groep seuns het toe weer teruggekom en met die inwoners beginbaklei en hulle met klippe bestook.

“’n Oom het die seun in die motor geklap, waarna die seun uitgespring het en saam met sy vriende weggehardloop het,” het Candy gesê.

Mnr. Ernest King, haar pa, het gesê hy is “rooiwarm” oor wat met sy dogter gebeur het. “Ons kinders is nêrens meer veilig nie.”

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê hulle gaan probeer om die seuns so gou moontlik aan te keer. Die polisie weet aan watter skool die seuns na bewering verbonde is.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

IT Support Consultant

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.