‘Lekker!’ sê rower nadat hy man skiet

2009-09-01 00:53

“Lekker!”

So het ’n rower eergistermiddag laggend vir ’n 62-jarige man van Villieria in Pretoria gesê nadat hy hom geskiet het.

Mnr. August Schäfer (62) en sy vrou, Hannetjie (62), is eergistermiddag om 17:30 tuis deur drie gewapende rowers oorval.

Hy het op ’n stoel by die agterdeur gesit en vrugte vir konfyt prik, terwyl sy vrou in hul kleinseun, Stanley Naudé (23), se kamer gelê het.

Naudé het gesê volgens sy
oupa het die rowers ’n rewolwer teen sy mond gedruk en gesê hy moet stilbly. “Twee het hom aan elke arm gegryp, terwyl ’n derde een by die huis ingegaan het. Hy het verby my kamer waar my ouma gelê het na die hoofslaapkamer gestap,” het hy gesê.

Mev. Schäfer het gesê sy het opgestaan toe sy ’n geskuif van voete buite hoor.

“Toe ek deur die venster kyk, het ek die twee mans aan elk van my man se sye gesien.

“?Asseblief, los my man! Moet hom nie skiet nie!” het sy vir die rowers geskreeu.

“Maar dit het hulle nie gekeer nie, want die volgende oomblik het hulle hom voor my oë geskiet. Ek het nog die vuurwapen se blou vlam gesien,” het sy huilend vertel.

Mnr. Schäfer is in die linkersy gewond. Die koeël het sy regterheup gebreek en sy blindederm, dunderm en dikderm deurboor.

“Ek het daarna ses keer 0?10111 probeer bel, maar kon nie deurkom nie. My buurvrou het later deurgekom en die polisie ontbied,” het mev. Shäfer gesê. Sy het gesê die polisie het eers ’n driekwartier later opgedaag.

“Ek het by my man gekniel en gesien hoe die bloed by sy mond uitborrel. Ek het die hele tyd vir hom gesê hy moenie doodgaan en my alleen los nie.”

Naudé, wat kort ná die voorval by die huis opgedaag het, het sy oupa op sy sy gedraai sodat die bloed uit sy mond kon loop. “Daarna het ek hom die hele tyd wakker probeer hou. Ek het gevoel hoe my oupa se hande koud raak,” het ’n steeds geskokte Naudé gesê.

Mnr. Schäfer word tans in die Steve Biko-hospitaal behandel waar hy in ’n ernstige toestand is.

Mnr. Cecil Naudé, die egpaar se seun, het gesê die rowers het gevlug met net sy ma se handsak. Haar rybewys, identiteitsdokument en bankkaart was daarin.

Volgens mev. Schäfer het die rowers ook iets in hul hond se gesig gespuit, want hy het daarna aanhoudend genies en geproes.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Project Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.