Lewer eis Manto

2009-12-16 22:19

Dr. Manto Tshabalala-Msimang, voormalige minister van gesondheid, is gistermiddag dood aan komplikasies weens haar leweroorplanting.

Dr. Russell Britz, die chirurg wat Tshabalala-Msimang (68) se oorplanting in 2007 gedoen het, het gesê sy is Maandagoggend na die Wits Donald Gordon- Mediese Sentrum se waaksaal in Johannesburg oorgeplaas en was ernstig siek.

Haar familie en man, mnr. Mendi Msimang, was deurentyd langs haar bed.

Dokters het die laaste weke toetse op haar gedoen met die oog op ’n moontlike tweede leweroorplanting nadat haar liggaam die eerste een verwerp het.

Sy was eers in ’n algemene saal in die Folateng-vleuel van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg.

Sy het glo gesukkel met inwendige bloeding weens haar beskadigde lewer.

Volgens Britz het haar toestand so verswak dat sy verlede week na die Folateng-waaksaal oorgeplaas is.

Britz het kort ná Tshabalala-Msimang se oorplanting destyds gesê sy het lewerversaking weens outo-immune hepatitis.

Dit kom voor wanneer die liggaam ’n komponent van die lewerselle as vreemd beskou.

Die immuunrespons wat volg, lei daartoe dat lewerselle oor jare vernietig word.

Tshabalala-Msimang was as gesondheidsminister berug om haar ondersteuning van ongetoetste kruiemiddels teen MIV/vigs, haar dieetraad van knoffel, suurlemoene, beet, olyfolie en Afrika-aartappels, en haar kopstampery met vigsaktiviste.

Die destydse pres. Kgalema Motlanthe het haar laat verlede jaar uit haar pos geskuif en onder pres. Jacob Zuma was sy net ’n gewone parlementslid.

Sy is ook as die Afrika-Unie se welwillenheidsambassadeur vir vroue- en kindergesondheid gekies.

Die laaste jare was daar baie gerugte oor haar leweroorplanting, onder meer dat sy voorkeurbehandeling gekry het. Haar dokters het dit ontken.

Prof. Francois Venter, president van die Southern African HIV Clinicians Society, het gesê Tshabalala-Msimang se familie moet nou toegelaat word om privaat te rou en politici moet huldigingswoorde “uit respek vir die groot aantal mense wat onnodig aan MIV dood is, tot ’n minimum beperk”.

Tshabalala-Msimang het gedurig op die toksisiteit en newe-effekte van ARM gehamer, volgehou mense kan tussen ARM en natuurlike middels kies en tradisionele medisyne eerder as die wetenskap ondersteun.

Die presidensie het gister gesê Tshabalala-Msimang het baie vir vroue- en kindergesondheid, diabetes en ander chroniese siektes, kinderimmunisering en die stryd teen malaria gedoen.

“Ondanks die omstredenheid in die media gedurende haar tyd as gesondheidsminister, het Suid-Afrika indrukwekkende vooruitgang gemaak om stelsels vir die stryd teen MIV/vigs in te stel.”

Die Treatment Action Campaign (TAC) het aan Sapa gesê hulle het medelye met haar familie, ondanks hul “moeilike” verlede.

Haar familie het hul dank uitgespreek teenoor albei die mediese inrigtings waar sy behandel is. Hulle het gevra dat hul privaatheid in dié “moeilike tyd” gerespekteer word.

Hulle sê:

*“Dit is baie hartseer en skokkend, veral hierdie tyd van die jaar. Soos baie ander politici was sy omstrede, maar dit doen nie afbreuk aan die hartseer oor die nuus van haar dood nie.” – Me. Helen Zille, DA-leier.

*“Manto is dood. Goed. ’n Selfsugtige en bose knoeier van die laagste rangorde. Verrotte houding en goor lewers?.?.?. al drie van hulle.”?–?Die omroeper Gareth Cliff op Twitter.

*’n Inspirasie, ’n baie goeie mens wat haarself vir geslagsgelykheid in die binnekringe van die ANC beywer het. “Sisi Manto het die ANC begin dien toe sy jonk was en het nooit haar rug op die party gedraai nie ondanks moeilike tye.” – Me. Nosipho Ntwanambi, adjunkpresident van die ANC-vroueliga.

*“Haar verlies is ’n groot verlies. Suid-Afrika verloor ’n puik leier van die ANC. Sy het foute gemaak soos enige ander mens en moet daarvoor vergewe word.” – Mnr. Sidumo Dlamini, president van Cosatu.

*Die Young Communist League (YCL) respekteer dr. Manto Tshabalala-Msimang vir die rol wat sy gespeel het in die stryd teen apartheid. – Me. Gugu Ndima, woordvoerder van die YCL.

*“Ons is dankbaar vir die bydrae wat sy gemaak het om te help om transformasie en demokrasie in Suid-Afrika teweeg te bring.” – Pastoor Kenneth Meshoe, ACDP-leier.

*Dit is “ongelukkig” dat dr. Manto Tshabalala-Msimang altyd onthou sal word vir haar standpunt oor MIV/vigs, maar die “goeie goed” wat sy in haar ampstermyn as minister van gesondheid gedoen het, moenie vergeet word nie. – Me. Patricia de Lille, OD-leier.– Sapa

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...