‘Los Mugabe, hy’s oud,’ - Motlanthe

2009-09-10 01:14

Om pres. Robert Mugabe vas te vat is ’n mors van tyd, want hy is reeds stokoud.

Met dié uitlating het adj.pres. Kgalema Motlanthe dit gister in die nasionale vergadering onomwonde gestel dat die Suid-Afrikaanse regering nie ’n vinger gaan verroer om teen dié Zimbabwiese leier op te tree nie.

“Mugabe is reeds op ’n gevorderde ouderdom. Dit sal nie help om al ons energie daarop toe te spits om met hom as ’n individu te handel nie.”

Voorts glo die regering onwrikbaar in sy beleid dat daar met Mugabe en die ander drie partye in die Zimbabwiese eenheidsregering gepraat moet word, eerder as om “oorlog te maak”. En, nes die Afrika-Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wil die regering hê dat sanksies opgehef moet word.

Motlanthe was in die Huis om mondelings vrae te beantwoord.

Volgens hom het die Britse regering reeds $100 miljoen vir onderwys, gesondheid, watervoorsiening en sanitasie bewillig. Die Internasionale Monetêre Fonds het ’n lening van $510 miljoen aan Zimbabwe beskikbaar gestel.

Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, het emosioneel gevra hoe die regering met ’n skoon gewete kan instem tot die opheffing van sanksies terwyl Mugabe aanhou om menseregtevergrype te pleeg.

Hierop het Motlanthe geantwoord dat kragdadige optrede niks bereik nie.

“Probleme word nooit opgelos deur oorlog te maak nie. Die SAOG se standpunt bly dat dialoog die enigste uitweg is.”

- Beeld

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

Pieter Terblanche 9/10/2009 8:30:26 AM
Mugabe doen dieselfde as die ou NP regering,maar omdat hy swart is en sy slagoffers meestal wit is raak dit skielik aanvaarbaar vir ons regering!Dit benadruk maar net weer hulle siening dat die witman die wortel van alle kwaad is,miskien is dit hoekom hulle nie hulle hofnar Malema in die bek ruk wanneer hy gereeld rasse onmin saai nie!Miskien sal meer nou sien dat hulle nie 'n duit omgee vir Blankes nie.................
rollo 9/10/2009 9:44:09 AM
Nou sê Motlanthe dat probleme nooit opgelos word deur oorlog te maak nie, en dat SAOG se standpunt bly dat dialoog die enigstes uitweg is. Snaaks dat dit nie die sienswyses was tydens die sogenaamde "bevrydings- oorloë nie!
Singularity 9/10/2009 9:53:32 AM
So jy kan doen wat jy wil en sorg dat jy nie uitgevang word tot jy "stokoud" is nie? - "Only in Africa..."
Anita van Deventer 9/10/2009 10:18:06 AM
Praat die man wat tande het dan nou: adjunkpresident van 'n regering bestaande uit terroriste wat kragdadiglik onskuldige bloed vergiet het en oorlog gemaak het teen weerlose lede van die publiek, maar wat nooit die moed aan die dag gelê het om die weermag openlik aan te vat nie - Mugabe is ook swart, dis hoekom hy nou uitgelos moet word, Mugabe het hom ook ryk gesteel uit ander mense se armoede, dis hoekom hy nou as oud beskou word, maar nie te oud om nog steeds kragdadig en wreedaardig teenoor onskuldiges te wees nie. Hy moet bly, want al die miljoene wat bewillig is kan dalk net vir die res van Afrika se vet katte verlore wees as hy nie meer die kitaar slaan en sy sin kry nie.
Elmarie 9/10/2009 10:19:39 AM
So dan was WW2 dalk onnodig want die destydse leiers kon dalk dialoog met Hitler gevoer het om hom van sy planne te laat afsien?...Hoe belaglik! Ja, daar is altyd 'n koste verbonde aan oorlog, of sanksies, of ferm optrede teen leiers, maar is dit nie dalk die moeite werd om die voorbeeld te stel nie? Dinge deesdae gaan my verstand te bowe, mense in magsposisies kom weg met moord!
Vivienne 9/10/2009 10:42:04 AM
Ja nee kyk, ek is nou al so moeg vir al die rasse snert, ek kan teen die mure uitklim. Hulle wil net praat en praat maar geen aksie word geneem nie, hy is nou oud so dit maak nie saak wat hy al gedoen het, wat hy besig is om te doen of wat hy nog gaan doen nie, hy is mos nou oud, shame. Jip - "only in Africa"
Ann 9/10/2009 11:26:50 AM
En in die laaste dae sal die onreg vermenigvuldig

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

CA (SA)

Gauteng
Hire Resolve
R600,000-650,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...