Lugmag: ‘JZ-vlug nié weer vergesel’

2012-01-22 21:16

Me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, sal vandeesweek met die hoofde van die weermag en die lugmag vergader om die BBP-vlugte-debakel te bespreek.

Die lugmag het haar egter verseker dat die omstrede reis van pres. Jacob Zuma New York toe, waartydens twee skadu-vliegtuie teen miljoene rande sy vliegtuig vergesel het, die laaste een is waartydens sy Boeing-sakestraler vergesel sal word.

Mnr. Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, het gesê die lugmag wou geen kans waag dat Zuma nié vir die Verenigde Nasies (VN)-vergadering in New York sou opdaag nie.

Dit was boonop die eerste vlug met Zuma aan boord van Inkwazi, sy straler, ná ’n groot diens waartydens daar ook versienings binne-in die vliegtuig in Switserland gedoen is.

“Dít is waarom Inkwazi eers tot op Las Palmas en later weer terug van New York af vergesel is,” het Mabaya gesê.

Hy kon nie sê waarom die Airbus A340-211 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat tot op Las Palmas in die Kanariese Eilande gevlieg het, nie die volle reis kon meemaak nie.

Ook nie waarom dit nodig was om ’n Bombardier Global Express XRS New York toe te stuur net om Zuma terug huis toe te vergesel nie.

’n Bohaai oor die vlugte het verlede week losgebars nadat die ministerie aanvanklik gesê het die vliegtuig is net tot op Las Palmas gevolg.

Vrydag het lt.genl. Carlo Gagiano, lugmaghoof, egter erken dat daar ook ’n skadu-vliegtuig van New York af saam gevlieg het.

Die verwarring oor die vliegtuie was volgens hom weens ’n kommunikasiegaping tussen hom en Mabaya.

Volgens mnr. Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, is dit verstaanbaar dat daar verlede jaar, terwyl die presidensiële straler versien en huurvliegtuie vir Zuma gebruik is, skadu-vliegtuie gebruik is.

Tóé was die verskoning dat daar wantroue was teen die vliegtuie se betroubaarheid, maar nou is daar glo ook wantroue teen die lugmagstraler.

“Dit lyk op die oog af of daar oorboord gegaan is met die beplanning.

’n Mens weet egter nie wat die opdrag met die taking van die vliegtuie vir die reis was nie.

As dit was om die president te alle koste betyds en sonder enige vertragings in New York te kry, het die lugmag dit waarskynlik vertolk dat bystandsvliegtuie die heeltyd beskikbaar moes wees om vertragings te voorkom.”

Volgens Heitman het die lugmag nie tans ’n behoorlike bystandsvliegtuig in sy vloot nie. 


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.