Lyk in mat toegerol in mangat gekry

2010-05-24 23:19

’n Vrou van Alberton se lyk is die naweek toegerol in ’n mat in ’n rioolmangat by Vosloorus gekry.

Onder andere ’n huiswerker en tuinwerker is weens die moord op mev. Alta Duvenhage (64) gearresteer.

Me. Melinda Smith van Potchefstroom het gistermiddag nog probeer antwoorde vind nadat haar ma se lyk gevind is.

Volgens mnr. Fred Duvenhage van Meyerton het sy voormalige vrou verlede Woensdag nog met hul ander dogter, me. Lizel Fourie van Midrand, gepraat.

“Vrydagoggend het een van die bure gebel om te sê daar is fout by Alta se woonstel. Die TV is aan en die deur is oop, maar sy is nie daar nie.”

Haar Volkswagen Citi Golf was ook nie by haar woonstel in St. Michaelstraat in New Redruth nie.

Die polisie is ontbied en hulle was baie vinnig en baie professioneel op die toneel, het mnr. Duvenhage gesê.

Volgens hom is die huiswerke en tuinier ondervra en Saterdag in hegtenis geneem.

Die twee het die polisie na ’n stuk veld by Zonkizizwe buite Vosloorus gelei waar hulle gesê het die lyk sou wees, maar hulle weet nie presies waar nie.

’n Soektog is van stapel gestuur. Die lyk is later in ’n mangat, nog toegedraai in ’n mat, gekry.

Volgens mnr. Duvenhage wil dit lyk asof sy verwurg is, maar daar was ook bloedkolle in die huis. Ná verdere ondersoek is nog twee mense in hegtenis geneem.

Hulle gaan na verwagting môre in die hof in Alberton verskyn.

Die lyk is na die lykhuis in Heidelberg gebring waar die lykskouing na verwagting vandag gedoen gaan word.

“Sy het net haar lewe begin geniet ná haar aftrede verlede jaar,” het Smith gistermiddag gesê. “Die aftrede was ’n groot ding vir haar en sy was nou die naweek nog by ons in Potchefstroom en op haar stukke. Sy het dit so geniet.”

Haar broer, Fred jr., het gisteroggend van die Kaap opgevlieg om met die reëlings te kom help.

“Ons kom vanoggend by die woonstel bymekaar om deur haar goedjies te gaan.”

Kapt. Manaku Raphulu, polisiewoordvoerder in Alberton, het die moord bevestig. Volgens hom is ses verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord en motordiefstal.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.