Lyke in kattebak: Kapmes gebruik

2010-07-19 22:47

Durban. – ’n Kapmes en vuur­wapen is moontlik gebruik in die gru-moord einde verlede week op ’n afgetrede egpaar van die KwaZulu-Natalse suidkus.

Die polisie het bekend gemaak die slagoffers van die huisrowers was mnr. Christopher Early (69) en sy vrou, Jennifer (62), van Hibberdene nadat hul dogter in die VSA opgespoor is.

Die egpaar se lyke is Donderdagaand in die kattebak van hul wit Volvo sowat 6 km van hul huis in die woonbuurt Woodgrange gevind nadat ’n verbyganger die motor in ’n sloot langs die pad gesien het.

Dit is eers vir ’n motorongeluk aangesien totdat die polisie bokse vol goedere op die agtersitplek gewaar en ondersoek ingestel het.

Dit was toe dat die lyk van mnr. Early, wat net in ’n T-hemp en onderbroek gekleed was, in die kattebak ontdek is.

Sy vrou se naakte lyk het onder sy lyk gelê.

Lt.kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gister bevestig dat mnr. Early ook kapwonde aan sy lyf gehad het benewens wonde wat met ’n stomp voorwerp toegedien is.

Mev. Early is met ’n vuurwapen in die bors geskiet.

Die polisie het vroeër gesê die egpaar is die middag oorval by hul huis, wat weens die digte plantegroei in die tuin nie duidelik van die pad sigbaar is nie.

In die huis het ’n bloedspoor wat van vertrek tot vertrek gelei het getuig hoe die slagoffers rondgesleep is.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.