Maak dit reg!

2010-11-03 23:03

Exxaro se steenkoolmyn in die Mooifonteinvlei in Mpumalanga. Exxaro moet die vlei nou rehabiliteer omdat sy bedrywighede daar onwettig was. Foto: lauren mulligan

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Mooifontein, een van die mynreus Exxaro se mees strategiese steenkoolmyne in Mpumalanga, is deur die regering gedwing om te sluit omdat hy ’n reuse-vlei uitgemyn het.

Die myngroep moet boonop die vlei van 88 ha (gelykstaande aan 176 rugbyvelde) rehabiliteer.

Mnr. Sipho Nkosi, hoofamptenaar van Exxaro, is ook die Kamer van Mynwese se president.

Steenkool wat uit dié vlei gehaal is, is in die Arnot-kragstasie tussen Middelburg, Hendrina en Belfast verbrand.

Die vlei is in die proses feitlik heeltemal verwoes. Vleilandspesialiste meen dit gaan tussen R200 miljoen en R400 miljoen kos om dit in ’n mate te herstel.

Mnr. Chris Ballot, bestuurder van die Mooifonteinmyn, het op 27 Oktober op ’n openbare vergadering in Middelburg erken die regering (die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme in Mpumalanga) het opdrag gegee dat die myn gesluit moet word en die Mooifonteinvlei gerehabiliteer moet word.

Beeld ondersoek al maande lank Exxaro se onwettige mynbedrywighede in die vlei. Beeld se omgewingsjoernalis is vroeër deur die myn aangehou en die polisie ontbied nadat sy foto’s van die onwettige bedrywighede geneem het. Die myn het die saak kort daarna teruggetrek.

Herhaalde navrae is gerig aan die nasionale departement van waterwese en die Mpumalanga-regering. Die mynbedrywighede is ook onder die aandag gebring van die bestuur van die Volhoubaarheidsindeks van die Johannesburgse Effektebeurs.

Exxaro word op dié indeks as een van die top-40 maatskappye in die land aangedui.

Me. Corli le Roux, hoof van die indeks, het gister gesê sy stuur vandeesweek briewe aan maatskappye teen wie daar menseregte- en omgewingsoortredingsklagtes is. Exxaro gaan ook ’n brief ontvang.

Dr. Joseph Matjila, omgewingsbestuurder van Exxaro, het verlede week aan Beeld erken die maatskappy het “gefouteer” deur in die Mooifonteinvlei te myn.

Hoewel hy nie wou erken Exxaro het ’n omgewingsmisdaad (ingevolge die Nasionale Waterwet) gepleeg het nie, het hy erken: “Ons het nie ingevolge wetgewing opgetree nie.”
Hy het gesê: “Ons sal nooit weer in ’n vlei myn nie.”

Matjila het gesê Exxaro het sy rehabilitasieplanne vir die vlei ingedien en wag om te hoor of die regering dit sal aanvaar.

Exxaro is klaarblyklik nie van plan om die myn heeltemal te sluit nie, want hy het reeds aansoek gedoen om sy bedrywighede op die plaas Mooifontein van mnr. Leon en mev. Christa Cass, reg langs die vlei, voort te sit.

Die myn se aansoek om ’n waterlisensie om sy bedrywighede op dié plaas uit te brei, is ook ingedien en hangende.

Me. Buyelwa Sonjica, voormalige minister van waterwese en omgewingsake, het vroeër vanjaar in die parlement gesê Exxaro het nooit aansoek gedoen om ’n waterlisensie vir die Mooifonteinmyn nie.
Exxaro antwoord al maande lank nie Beeld se navrae oor die onwettige bedrywighede nie.

Geeneen van die betrokke regeringsafdelings en maatskappye wou gister ’n afskif van die sluitingsbevel aan Beeld beskikbaar stel nie.

Dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing wat aanvanklik die mynbedrywighede in die vleiland onder Beeld se aandag gebring het, het gesê die sluitingsinsbevel is ’n openbare dokument.

“As die regering ’n mynhuis opdrag gee om skade aan die omgewing te herstel, is dit in die openbare belang dat dit beskikbaar gestel word,” het hy gesê.

  • Eskom het gister nie gereageer op vrae oor waar die Arnot-kragstasie nou sy steenkool vandaan gaan kry nie.
Exxaro
Besit bates van R28 mjd. en is op die JSE genoteer.
Anglo American vesit 'n aandeel van 9,78%
Die hoofbestuur bestaan volgens die maatskappy se webwerf uit onder andere mnre. Sipho Nkosi (hoofbeampte), Wim de Klerk (finansiële direkteur), Mxolisi Mgojo (hoofbestuurder: steenkool), Ernst Venter (hoofbestuurder: besigheidsgroei), dr. Willem van Niekerk (hoofbestuurder: korporatiewe sake) en me. Marie Viljoen (maatskappysekretaris).





Volg Beeld op Twitter. Klik hier

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.