Maak verskil in armes se lewe: Stort koud

2010-01-29 00:44
Koud Stort

Maak verskil in armes se lewe: Stort koud Neels Jackson “Ek + Koue Stort = Liefdadigheid!” Dít is die naam van ’n Facebook-groep wat Jong Pretoriase Christene vandeesweek begin het en wat gistermiddag al sowat 200 lede gehad het. Die gedagte het Sond

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Ek + Koue Stort = Liefdadigheid!”

Dít is die naam van ’n Facebook-groep wat Jong Pretoriase Christene vandeesweek begin het en wat gistermiddag al sowat 200 lede gehad het.

Die gedagte het Sondagaand by die NG kerk Lynnwood ontstaan nadat van die jongmense geluister het hoe ’n student vertel van hul projek om vanjaar eenvoudig te leef en uit te reik na mense in nood. Van dié jongmense het besluit om vanjaar koud te stort.

Ná die diens het mnre. Ruan Jansen van Rensburg, Michiel Claassen en me Ané Kotzé, drie studente, besluit hulle gaan ook vanjaar koud stort.

Hulle het ’n Facebook-groep gestig en al hoe meer maats is besig om by hulle aan te sluit.

Op Facebook verduidelik hulle dat 70% van die Suid-Afrikaners wat stort, dit in koue water doen. “Nie omdat hulle dink dis oulik of romanties nie. Nee. Vet nee.”

Hulle het besluit om deel te word van die statistieke sodat hulle besef wat dit beteken wanneer hulle bid: “Seën dié wat nie so bevoorreg soos ons is nie.”

Mnr. Skillie Botha, teologiestudent wat by hulle aangesluit het, sê die koue stort self gaan nie ’n verskil aan armes se lewens maak nie. Dit gaan egter vir elkeen wat deelneem ’n daaglikse herinnering wees aan hoeveel hulle het om voor dankbaar te wees en dat daar ander is wat minder het.

Dít kan eindelik daartoe lei dat mense wel ’n verskil begin maak.

Claassen sê hulle het al begin dink aan wat hulle kan doen om armes te help en met ’n taakgroep oor armoede in die NG Kerk daaroor geskakel.

Dit sal te duur wees om sonkrag-geisers vir mense in te sit, maar hulle kan dalk mense help wat glad nie water by hul huise het nie. Hulle ondersoek nou die moontlikheid om watertenks na arm gebiede te neem.

Hulle het al ’n spaarrekening geopen waar hulle geld vir die projek kan inbetaal.

Nie almal op die Facebook-groep gaan noodwendig deelneem aan die projek nie. Baie mense is dalk uit nuuskierigheid daar.

Hulle hoop egter dat meer en meer mense ook soos hulle sal begin koud stort – al is dit net ’n paar maande lank.

Botha sê hy voel aan dat jongmense nie net oor godsdiens wil praat nie, hulle wil iets doen.

Claassen sê hulle is die generasie wat ’n verskil wil maak.

En terwyl hul projek nog vorm aanneem, spot die studente dat hulle al krag spaar, en water ook – want as jy koud stort, stort jy heelwat vinniger.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk Kenilworth

Kenilworth, Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
R6000 - R6001

Plant Cost Accountant

Cape Town, South Africa
CME Recruitment
R15000 - R20000

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.