Malema wil deskundiges vra om lied te verdedig

2010-04-07 22:14

Mnr. Julius Malema wil deskundige getuies gebruik om die lied waarin die woorde “skiet die Boer” voorkom, in die hof te verdedig.

Hy het in hofstukke wat by die gelykheidshof in Johannesburg ingedien is, gesê die woord “boer” verwys nie na die “Afrikaner-mense” nie, maar na ’n “verdrukker”.

Malema, omstrede ANC-jeugliga­leier, se hofstukke in reaksie op AfriForum se haatspraak-klag teen hom in dié hof behels drie bladsye.

Daarin sê Malema hy het mnr. J.M. Minnie van Lourens De Lange & Minnie-prokureurs in Southdale, Johannesburg, as sy regsverteenwoordiger in dié geding aangestel.

AfriForum het die klag oor die sing van die lied verlede maand by die gelykheidshof ingedien.

Luidens Malema se hofstukke behoort die hooggeregshof in Johannesburg oor die klag te bereg weens verskeie redes:

Die klag “hou verband met ’n saak van nasionale belang”;

Die kern van die klag was volgens hom reeds die onderwerp in ’n ander konteks in dié hooggeregshof;

Die onderwerp van die klag behels kwessies wat ’n invloed op politieke, geskiedkundige en kulturele belange het; en

Die belangstelling in dié dispuut sal waarskynlik ander partye na die hofsaak lok in die vorm van amici curiae (vriende van die hof).

Malema ontken dat hy haatspraak geuiter het of dat hy onbillik op die waardigheid van enige ander persoon wou inbreuk maak.

Hy sê die “beweerde beledigende deel van die lied” moet in dié konteks gesien word: Die lied is deel van die struggle-geskiedenis van die ANC en deel van die vrymakingsgeskiedenis van die land.

Die verwysing na “boer” is “goed verskans en universeel aanvaar in ons land”.

Dié woord is nie ’n verwysing na Afrikaners nie, maar ’n woord “wat ’n verdrukker aandui”.

Malema sê hy gaan sy verweer versterk deur te verwys na deskundige getuies wie se hofstukke binne ’n redelike tyd ingedien sal word.

’n Rigtinggewende verhoor word op 3 Mei in die gelykheidshof gehou om te bepaal hoe die regsproses tussen AfriForum en Malema sal ontvou.

Die Pretoriase hooggeregshof het verlede Donderdag ’n tussentydse interdik verleen het wat Malema verbied om “dubula ibhunu” (“skiet die Boer”) te sing.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.