Man, 2 seuns op fietspad aangeval

2012-02-06 22:02

Mnr. Pierre Nel en sy seuns, David (links) en Frans, staan by Frans se fiets. Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Man van Centurion en sy twee seuns wil met ’n slypskool bergfietsryers selfverdediging leer. Dit gaan gebeur nadat hulle deur rowers oorval is.

Mnr. Pierre Nel (52) het twee operasies aan die arm ondergaan nadat hy met ’n klip gegooi is wat ’n been in sy arm vergruis het.

Nel en sy seuns, David (24) en Frans (15), is verlede Dinsdagmiddag oorval terwyl hulle naby die Mnandi-asgate in Centurion fiets gery het.

Dit is die vierde keer dat dié drie die afgelope sewe jaar beroof is. In dié aanvalle het hulle vier fietse, met ’n waarde van tussen R20 000 en R60 000 elk, en verskeie selfone verloor.

Nel is ’n beroepsafrigter en saam met David die organiseerder van die Xcosa-veldloop vir bergfietse-reeks. Daarby mik David en Frans om in 2016 aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, deel te neem.

“Fietsry is ons werk. Ons is passievol daaroor,” sê Nel.

“Ons het ’n reg om dié paadjie te ry. Sommige mense sê jy moenie terugveg nie, maar ons filosofie is anders. As hy my aanval, gaan hy nie net sommer my fiets vat nie.”

Nel en sy seuns het Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 in Mnandi gaan fietsry. Hulle ry dié enkelspoorpaadjie gereeld.

Volgens Nel het hy die Maandag twee verdagte mans op die paadjie gesien. Hy het hulle die Dinsdag wéér gesien toe hulle saam met nog twee mans op dié paadjie ge­stap het.

“My grootste fout was om nie op my instinkte te reageer nie. Toe ek hulle sien, moes ons weggedraai het,” het Nel gesê.

Toe David, wat voor gery het, naby die mans kom, het een voor hom ingespring. David het hom raak gery en van sy fiets afgeval.

Frans het uitgeswaai en Nel het oor David gery. In die val het Nel ’n Tomahawk-byl gegryp wat op sy rug was.

Twee van die mans het na Nel gegaan, terwyl die derde na David is.

Nel is met ’n groot klip gegooi. Hy het met sy arm gekeer wat daartoe gelei het dat ’n been in sy arm vergruis is.

“Ek het gesê hulle moet net ons selfone vat, anders maak ons hulle dood,” het Nel gesê.

“Toe sê hulle as ek die byl vir David gee, sal hulle ons los. Ek het dit gedoen. Toe gryp hulle die byl,” het Nel gesê.

Die mans het toe die fietse gevat en weggery. Die polisie was gou daar, maar kon nie die rowers vind nie.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.