Man (63) op kleinhoewe vermoor

2010-02-08 00:39

Twee vroue het hul buurman Vrydag dood in sy huis op ’n hoewe in Meyerton aangetref nadat hy twee keer tydens ’n huisrooftog geskiet is.

Mnr. Collin McLaud (63) is vermoedelik aangeval terwyl hy besig was om tee te maak in die kombuis, het kapt. Shado Mashobane, polisiewoordvoerder, gesê.

Dit is nie bekend hoeveel aanvallers daar was of hoe hulle toegang tot die huis verkry het nie.

Volgens Mashobane het die twee vroue Vrydag omstreeks 17:00 by McLaud se huis op sy kleinhoewe omgegaan om vir hom te sê hulle gaan inkopies doen.

Hulle het hom dood in die kombuis aangetref.

Hy het twee koeëlwonde in sy bolyf gehad.

Mashobane het gesê hulle vermoed McLaud was besig om tee te maak omdat ’n koppie met ’n teesakkie daarin reggestaan het.

Die polisie vermoed ook McLaud is in die vroeë oggendure vermoor.

“Volgens die vroue was die deur oop en die buiteligte aan.

“Beamptes op die toneel het ’n windbuks en flitslig naby die man se lyk gevind,” het Mashobane gesê.

Hy het bygevoeg die aanvallers moes McLaud gedwing het om die kluis oop te maak voordat hulle hom in die kombuis geskiet het.

Die rowers het glo net vier jaggewere uit die kluis gevat en die wapens se lisensies agtergelaat.

Mashobane het gesê McLaud was alleen toe hy aangeval is.

Sy vrou was in Germiston aan die Oos-Rand. Mashobane het nie haar naam verstrek nie.

Volgens hom het McLaud se vrou gesê daar word niks anders uit die huis vermis nie.

Niemand is nog in verband met die moord gearresteer nie.

’n Saak van moord en gewapende roof word ondersoek, het Mashobane gesê.

- Beeld

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Christine sê... Mooi so, raakgevat Jenny!! Bybel se nie eers Jesus weet wanneer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.