Man en vrou beset plaas

2011-06-30 07:32

’n Draadspanner op die plaas wat op hulle afgekom het waar hulle hul 25 beeste op die plaas ingejaag, ’n woonwa staangemaak en ’n sinkhuis opgeslaan het, sê die besetters was baie aggressief toe hy hulle vra wat hulle doen.

“Daar was so tien mense. Hulle was kwaad en het baie lelik gepraat. Die een man het met ’n graaf rondgehardloop en gesê hulle vat nou die grond van die boer, want Malema het gesê hulle moet die grond terugvat.”

Dit kom sowat ’n week ná mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCJL), se uitsprake dat kolonialiste grond in die land gesteel het en dat dit gevat moet word.

Intussen het dit egter aan die lig gekom die grond het 11 jaar gelede aan een van die besetters behoort, maar dit is ses jaar gelede op ’n Landbank-veiling verkoop omdat die Landbank-lening nie betaal is nie.

Mnr. Petrus Weyers van Harrismith, die eienaar van die plaas, en ’n polisiebeampte het eergister op mnr. Masiteng Petrus Sekonyela en mev. Masefefo Julia Khoete op die plaas afgekom waar hulle in hul blou woonwa en sinkhuis ingetrek het. Pakkamers op die plaas se slotte is ook oopgebreek.

Weyers sê hy het hulle gevra om die plaas te verlaat.

“Ek het hulle mooi gevra en gesê ek sal geen saak maak as hulle dadelik weer gaan nie. Sekonyela was egter baie agressief en het met ’n graaf in sy hand op my geskreeu en gesê ek moet padgee.”

Weyers sê hy het toe klagte van betreding en opsetlike saakbeskadiging by die polisie ingedien.

Sekonyela sê sy vrou is die wettige eienaar. Die plaas het aan haar vorige man behoort en ná sy dood is die grond aan haar oorgedra.

“Die grond behoort steeds aan ons. Ons het die papiere.”

Die transportakte wat Sekonyela het, waarvolgens die grond aan Khoete oorgedra is, is in 2000 opgestel. In 2005 het mnr. Anton Valks egter die plaas op ’n Landbank-veiling gekoop.

Valks sê: “Die grond is op die veiling verkoop omdat hulle (Sekonyela en Khoete) nie die lening wat aan Landbank verskuldig was, kon betaal nie.”

Sekonyela sê hy weet nie van die veiling nie en sê Valks het die grond gesteel.

Valks sê hy het in die tyd wat hy die grond besit het baie las van Sekonyela gehad.

“Ek het aanvanklik nie ’n probleem gehad dat hulle op die plaas aanbly nie. Hulle het egter vir my baie moeilikheid gemaak en ook nie die huur vir hul vee betaal nie. Ek moes later ’n hofbevel kry om hom van die plaas af te kry.”

Valks het dokumente wat van sy stryd getuig.

Toe Weyers in 2007 die plaas koop, was alles uitgeklaar. Die skielike besetting is vir hom ’n groot en onaangename verrassing.

Sekonyela sê egter dit is Weyers se eie skuld. “Hy het gesteelde grond gekoop en hy het dit geweet. Hy moet nou maar bietjie wag. Dié saak gaan hof toe.”

Weyers het gister gesê hy wag vir die polisie om op te tree.

Die polisie wou nie gister uitwei oor wat gedoen gaan word nie. Die enigste antwoord was dat die klagte ondersoek word.

Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, sê ANCJL- uitlatings verwar mense.

“Onverskillige uitsprake soos dat die beginsel van ’n gewillige koper en gewillige verkoper grondhervorming vertraag, maak mense deurmekaar. Dan gebeur sulke goed. As eiendomsreg nie verdedig word soos dit in die Grondwet geskryf staan nie, is dit te laat vir baie Suid-Afrikaners. Ons buitelandse beleggings neem af hieroor.”

Steytler het gesê VL sal hierdie geval op Qwaqwa fyn dophou.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
114 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.