Man sterf in vrou se arms ná hy geskiet is in oord

2011-09-30 23:05

’n Man is by die viswaters van die Hartbeespoortdam langs sy vriend geskiet terwyl sy vrou in die motor geslaap het.

Hy is kort daarna dood.

Ses mans het op mnre. Jaco de Jager en sy vriend Hennie Jones in die De Rust-oord afgestorm en De Jager in sy kampstoel geskiet, het die polisie gesê.

Kapt. Tselane Nkala, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê toe die skoot klap, het Jones uit sy stoel gespring en in die water gespring om van die booswigte weg te kom.

Daarna het die aanvallers na die voertuig gegaan waar De Jager se vrou, Magdaleen, geslaap het.

“Die mans het die venster van die voertuig probeer uitslaan en toe het De Jager se vrou die deur oopgemaak,” het Nkala gesê.

Die mans het drie selfone, ’n skootrekenaar, haar trouring en handsak, alles saam sowat R7 000 werd, gebuit en gevlug.

Die aanvallers het volgens Nkala in twee groepe verdeel wat in verskillende rigtings gevlug het.

De Jager is glo in sy vrou se arms op die toneel dood.

Nóg me. De Jager nóg Jones is in die voorval beseer.

Die voorval was Dinsdag. Die polisie het niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die drie het in ’n afgesonderde deel van die oord gekampeer, het mnr. Braam Oosthuizen, bestuurder van De Rust, gesê.

Hy het gesê dit was die eerste moord in dié oord, maar dat daar al vantevore verskeie klagtes oor diefstal was.

“Ons moet die heining byna daagliks regmaak waar diewe en stropers dit knip om toegang te kry.

“Ons werk aan die veiligheid, maar dis hengelaars se verantwoordelikheid om ook na hul eie veiligheid om te sien,” het hy gesê.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.