Man sterf ná 2de aanval

2009-12-23 04:29

‘Ag Here, net nie weer nie.”

Mnr. Renier Lamprecht (43) kon dit nie glo toe hy gisteroggend vir die tweede keer binne drie jaar in ’n huisrooftog geskiet is nie.

’n Uur later was hy dood.

Sy vriendin, me. Hannelie du Toit (39), was saam met hom in hul slaapkamer in hul huis op ’n kleinhoewe in Pumulani in die Kameeldrift-omgewing noordoos van Pretoria.

Aanvalle kom die laaste ruk gereeld in die Kameeldrift-omgewing voor.

Du Toit het eers besef Lamprecht is raak geskiet toe sy gesien het die bed is vol bloed.

Lamprecht is in die bolyf getref. Du Toit het in trane vertel Lamprecht het vier mans in die sitkamer gesien toe hy omstreeks 03:30 opgestaan het om badkamer toe te gaan.

“Ek het van sy geskreeu wakker geword. Ek het opgespring en hom gehelp om die deur toe te maak. Dis toe dat ek die skoot gehoor het.”

Terwyl Lamprecht en Du Toit die deur toegedruk het, het die rowers ’n skoot daardeur geskiet.

Daarna het Lamprecht teruggestaan en die rowers het by die kamer ingekom.

Lamprecht en Du Toit is op hul bed gedwing, waarna hul hande en voete vasgebind is.

Die rowers het hulle herhaaldelik om vuurwapens, ’n kluis en juwele gevra, maar hulle het niks gehad nie. Uiteindelik het die rowers met Lamprecht se bakkie, drie selfone, ’n skootrekenaar en Du Toit se handsak gevlug.

“Renier het omgedraai en besef hy is geskiet. Hy het net gesê: ‘Ag Here, net nie weer nie’,” het Du Toit gesê.

Toe Du Toit die rowers hoor wegry, het sy die selfoonherlaaierdrade om haar arms met haar tande losgewikkel en kombuis toe gehop om die das en veters om haar enkels los te knip.

Sy is terug kamer toe om Lamprecht los te knip en gemaklik te maak voordat sy by die bure gaan hulp soek het.

Du Toit was nog by die bure toe paramedici vir haar kom sê het hulle het alles gedoen om hom te red, maar dit was vergeefs. “Ek het huis toe gegaan net om bye te sê,”
het sy gesê terwyl sy die trane van haar wange afgevee het.

Lamprecht, wat skietwerk-opleiding by myne gegee het, laat sy twee dogters van onderskeidelik 21 en 18 jaar agter.

In die vorige voorval sowat drie jaar gelede was Lamprecht alleen in ’n huis op ’n kleinhoewe buite Rustenburg toe rowers ingekom het.

Hulle het hom drie keer in die maag geskiet en beroof.

Lamprecht se bakkie is ure ná die moord in Mamelodi, oos van Pretoria, gekry. Die polisie ondersoek die saak.
 

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.