Matriekvakansie: Seks, drank en rock ’n’ roll!
2011-12-18 21:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Kliek hier en vertel ons wat jy dink.
Ouers wat nié wil weet wat hul kinders op matriekvakansie aangevang het nie, moet eerder nié hierdie berig lees nie.
’n Dokumentêre video wat wys hoe drank met watergewere in jongmense se monde gespuit word en hoe hulle ontkleedansers betas word vandag en môre op www.beeld.com en op Beeld se nuwe iPad-app gepubliseer.
Dié dokumentêr is deur Nadine Theron, ’n multimedia-joernalis van Media24 se digitale span, oor vier dae in Margate verfilm.
In die video vertel jongmense hoe dronk hulle is en wat alles in die nagklubs gebeur. ’n Apteker van Margate vertel hoe talle meisies na die apteek stroom om voorbehoedpille te koop.
Daar is talle beelde van jong mans en vroue wat mekaar in klubs soen en selfs twee jong vroue wat mekaar beetkry. Twee jongelinge vertel spontaan dat hulle op pad slaapkamer toe is.
’n Groep mans vertel ook dat hul doel van die aand is om seks te hê. Al die mense wat op die video praat het ingestem dat dit vir publikasiedoeleindes gebruik word.

Lees ook hier meer.