McBride sê nou iemand wou hom daai aand doodmaak

2009-11-24 01:45

Mnr. Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, beweer in ’n verklaring wat hy eergister ingedien het daar was ’n aanslag op sy lewe die dag in 2006 toe hy volgens die staat dronk bestuur het.

“Ons het self eers gisteroggend oor die radio van die aanslag op McBride se lewe gehoor,” het supt. Masu Zondi, woordvoerder van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, gister by navraag gesê.

“Ek kan nou egter bevestig dat ’n 21?bladsye-verklaring eergister by die Brackendowns-polisie in Alberton ingedien is wat ons uiteraard sal ondersoek.”

McBride staan in die Pretoriase landdroshof tereg op aanklagte van dronkbestuur en dwarsboming van die gereg. Dit spruit uit ’n ongeluk in Desember 2006 toe sy ampsmotor naby Centurion gerol het op pad terug van ’n werkpartytjie naby Hartbeespoortdam. Daar word beweer hy was ten tyde van die ongeluk onder die invloed van drank, maar hy ontken dit.

Gisteroggend het Eye Witness News berig daar is kort voor die ongeluk glo twee keer met McBride se motor se remme gepeuter. Hy het die remskoene twee keer in die bestek van ’n paar weke en ’n afstand van sowat 2?000?km laat vervang.

Daar word ook beweer ’n geel Mazda het die aand van die ongeluk baie vinnig verby McBride se motor gejaag, wat glo veroorsaak dat McBride uitgeswaai en sy motor gerol het.

Een van drie brande wat onlangs by die Pretoriase landdroshof uitgebreek het was in die hofsaal waar McBride verhoor word. Die polisie ondersoek brandstigting.

Meer as ’n jaar gelede is lêers waarvan party met McBride te doen het tydens ’n inbraak by die hooggeregshof in Johannesburg gesteel.

Dr. Joseph Moratioa van Ga-Rankuwa staan ook in die Pretoriase streekhof tereg op aanklagte van bedrog en regsverydeling. Die staat beweer hy het ná die ongeluk vir McBride ’n vals mediese sertifikaat uitgereik waarvolgens hy ten tyde van die ongeluk geen alkohol in sy bloed gehad het nie, maar aan lae suiker gely het.

Daar is vroeër vandeesmaand getuig die mediese sertifikaat is meer as ’n maand ná die ongeluk uitgereik.

McBride het nie gistermiddag op navrae gereageer nie.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Leverage Finance, Mergers & Acquisitions Specialist

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R450,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...