Meer as staat se syfers hou dalk tuis skool

2011-09-16 22:37

Die syfers van ouers wat by provinsiale onderwysdepartemente aansoek doen om kinders tuis te onderrig, het die laaste jare gefluktueer en weerspieël waarskynlik nie die ware toedrag van sake nie.

Uit navrae aan die onderwysdepartemente in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo varieer die syfers van jaar tot jaar.

Mnr. Leendert van Oostrum, bestuurder van die Pestalozzi Trust, ’n regsfonds vir tuisonderwys, het gesê die syfers moet bevraagteken word aangesien daar ’n deurlopende toename in tuisleerlinge is.

“Ons sien dit veral in die getal leerlinge wat vir die matriekeksamen inskryf. Dit styg jaarliks met omtrent 20%”
Die trust het reeds tussen 5 000 en 6 000 lede.

Volgens Van Oostrum is baie tuisleerlinge waarskynlik nie by departemente geregistreer nie omdat van die voorwaardes wat departemente stel, onafdwingbaar is.

Volgens hom word daar dikwels van tuisleerlinge en hul ouers verwag om “deur hoepels te spring”, wat strydig is met kinders se belange en behoeftes.

’n Voorbeeld is amptenare wat tuisleerlinge se huise wil inspekteer. Dit is onwettig, het hy gesê. Die Gautengse onderwysdepartement het gesê daar is tans 972 kinders in die provinsie wat tuisonderrig kry. Tussen Januarie en Augustus het die departement 101 aansoeke gehad. Verlede jaar was daar 134 aansoeke.

Van die redes waarom ouers tuisonderrig verkies, is dat hulle sendingwerk doen, van een provinsie na ’n ander verhuis, godsdienstige oortuigings en waardes, dat ouers hul reg uitoefen om tuisonderrig bo openbare onderwys te kies, dat leerlinge leergestremdhede het, en dat skole nie die bepaalde vakkeuse aanbied wat leerlinge wil volg nie.

Nog redes is dat leerlinge emosionele probleme het weens dood, ongelukke, molestering of egskeiding, onbekostigbare private onderrig, en professionele deelname aan sport.

Volgens Limpopo se onderwysdepartement was daar vanjaar net een aansoek vir tuisonderrig en net een bied dit tans aan.

In Noordwes is daar vanjaar agt leerlinge in tuisonderrig, aldus die departement. In 2007 was daar 13 leerlinge.

Die getal leerlinge in tuisonderrig in Mpumalanga het van 42 verlede jaar tot 62 vanjaar toegeneem. Leerlinge moet minstens drie uur per dag 200 dae per jaar onderrig kry en ’n ouer moet die hele onderrigtyd teenwoordig wees.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 11-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 13-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 14-19°C Scattered showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2009
R 229,990.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.