Meer in jou sak met nuwe siekefonds-plan

2012-02-22 14:19

Kaapstad. — Suid-Afrikaners kry vanjaar belastingverligting van R9,6 miljard danksy die aanpassing van belastingkerwe om vir inflasie voorsiening te maak, maar aan die ander kant is kapitaalwinsbelasting, wat betaalbaar is as bates soos eiendom of aandele verkoop word, skerp verhoog.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het in sy nasionale begrotingsrede ook ’n nuwe manier aangekondig waarop mense belastingverligting vir hul bydraes tot siekefondse kry.

Dit behels ’n belastingkrediet van R230 per maand vir die eerste twee lede van ’n siekefonds, en daarna R154 elk vir bykomende lede.

’n Belastingbetaler wat R16 040 per maand verdien en maandeliks R1203 tot ’n pensioenfonds en R2263 vir homself en drie afhanklikes tot ’n siekefonds bydra, sal onder die bestaande stelsel R11 202 in sy sak hê ná aftrekkings vir sy pensioen- en siekefondsbydraes.

Met die voorgestelde belastingkrediet sal hy nou R11 404 in sy sak hê, dus R202 meer as onder die bestaande stelsel.

Danksy die belastingverligting wat Gordhan aangekondig het, sal die persoon ’n bykomende R115 terugkry.

Die nuwe stelsel tree op 1 Maart in werking.

Die insluitingskoers waarteen kapitaalwinsbelasting op individue en spesiale trusts gehef word, word op 1 Maart van 25% tot 33,3% verhoog. Vir maatskappye en ander trusts is die koers van 50% tot 66,6% verhoog.

Gordhan het verdere belastingverligting vir kleinsake-ondernemings aangekondig.

Die belastingdrempel vir kleinsake is tot R63 556 verhoog en die 10%-koers waarteen kleinsake bo dié drempel belasting moet betaal is tot 7% verlaag.

Die 7%-belasting sal boonop van toepassing wees op ondernemings wat tot soveel as R350 000 se belasbare inkomste per jaar ontvang.

Brandstofbelasting is skerp met 28c per liter verhoog.

Dit tree op 4 April in werking en sluit ’n verhoging van 8c in die Padongelukfondsheffing in. Die aksyns op bier is met 10% tot R1,01 vir ’n 340 ml-blikkie verhoog en die aksyns vir spiritualieë styg met 20% tot R36 vir ’n 750 ml-bottel.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.