Misdaad: ‘Ergste vir wittes’

2012-02-02 21:43

Mnr. Collins Chabane, minister in die presidensie, (links) en mnr. Andile Lungisa, voorsitter van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda), gister op die bekendstelling van die Nyda se jeug-konsepverslag. Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Meer wit kinders en jongmense ervaar misdaad as enige ander bevolkingsgroep in Suid-Afrika, lui die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) se nasionale jeug-konsepverslag.

Die Nyda het die verslag, wat in samewerking met onder meer die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), die Mediese Navorsingsraad en Statistieke Suid-Afrika (SSA) saamgestel is, gister in Pretoria aan rolspelers soos jeugorganisasies, nie-regeringsorganisasies en regeringsverteenwoordigers voorgelê.

Luidens die verslag het ’n studie gewys meer wit kinders en jongmense in die ouderdomsgroep 12 tot 22 ervaar misdaad in vergelyking met ander bevolkingsgroepe.

Nyda sê in die verslag, “The South African Youth Context”, hy is verras met die “opvallende bevinding” aangesien wit gesinne in die algemeen ’n hoër lewenspeil het en in veiliger woonbuurte bly wat laer misdaadsyfers het.

Daar word nie aangedui onder hoeveel mense die studie gedoen is nie en die Nyda sê hoewel die statistieke leersaam is, skets dit nie ’n nasionale prentjie nie.

29% van die wit mense wat aan die studie deelgeneem het, het aangedui hulle het al die diefstal van persoonlike items ervaar.

Dit is hoër as swart mense (14,8%), Indiërs (13,5%) en bruin mense (23,4%).

Wit mense is met 16,6% ook boaan die lys van kinders en jongmense wat al aangerand is – gevolg deur bruin mense met 16,5%, swart mense (14,1%) en Indiërs (11,1%).

23,5% van die wit deelnemers het gesê hulle het huisinbrake ervaar.

Bruin mense (19,2%) is tweede op die lys, gevolg deur swart mense en In­diërs met onderskeidelik 14,3% en 9%.

Die meeste van die deelnemers wat aangedui het dat hulle al seksueel aangerand is, was bruin (4,4%) en swart (3,7%). 2,6% van die wit deelnemers het gesê hulle was al slagoffers van dié misdaad.

Die Nyda meen die “oënskynlike anomalie” beklemtoon die veelfasettige aard van misdaad in Suid-Afrika en stel ’n nasionale peiling voor.

Jeugdiges se “gewaagde seksuele gedrag”, wat veelvoudige, gelyktydige seksuele verhoudings, onveilige seks en inkonsekwente kondoomgebruik insluit, word in die verslag as een van die grootste bedreigings vir die gesondheid en welstand van die land se jeug bestempel.

Mnr. Collins Chabane, minister in die presidensie, het gesê die huidige konteks van jongmense in Suid-Afrika bring vrae na vore wat strategies aangepak sal moet word.

“Die kritieke vraag is of Suid-Afrika so geposisioneer is om voordeel te trek uit dié groot groep jeugdiges.”

Die Nyda sal die finale verslag aan pres. Jacob Zuma oorhandig, wat dit later vanjaar aan die parlement sal voorlê.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.