Misdaad daal skerp in Jo’burg en Pretoria

2010-07-08 22:57

Misdaad in Pretoria en Johannesburg het gedurende WB 2010 aansienlik afgeneem – in sommige omgewings tot met 70%.

Mnr. Clive Humphrey, besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, het gister gesê veral geweldsmisdaad het oor die hele Pretoria afgeneem.

“Inbrake by huise in die suide van Pretoria en Centurion het aansienlik afgeneem.”

In Johannesburg-Wes het misdaadvoorvalle met 70% afgeneem en in Johannesburg-Oos met 60%, het mnr. Roy Rawlins, ADT-hoof in dié stad, gister gesê.

Hy skryf die daling toe aan die “toename in sigbare polisiëring wat gepaard gaan met strategiese ontplooiing van hulpbronne vir die WB”.

Volgens kol. Vish Naidoo van die WB Nasionale Gesamentlike Operasiesentrum is sowat 55 000 bykomende permanente polisiebeamptes aangestel in die vyf jaar voor WB 2010. “Die reservistemag is ook versterk.”

Naidoo het bevestig misdaad het wél gedaal tydens die toernooi, maar kan nog nie die polisie se WB-misdaadstatistieke beskikbaar stel nie.

Naidoo het vrese dat misdaadvlakke ná die toernooi weer sal styg, probeer besweer.

Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), het onlangs gesê het hy kan nie sien hoe die polisie dié hoë sigbaarheid ná WB 2010 sal kan volhou nie.

Volgens hom is alle lede se verlof tydens die toernooi gekanselleer, wat die polisie in dié tydperk in staat stel om alle hulpbronne te benut.

“Daar is nie rede tot kommer nie. Mense moet egter verstaan dat daaglikse polisiëring op misdaadpatroonontledings gegrond word. Polisiekantore gebruik dié ontledings om teikenareas te bepaal en beamptes daarheen te ontplooi,” het Naidoo gesê.

“Tydens ’n massiewe gebeurtenis soos WB 2010 het die polisie inligting oor presies watter areas kwesbaar gaan wees en ontplooi magte daarvolgens.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.