Misdaadrekord, maar sy leer etiek

2012-01-03 12:11

Die vloot se voormalige eerste vroue-admiraal, wat skuldig bevind is aan aanranding en bedrog, is deesdae die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se projek om jong burgers in morele waardes en etiek op te lei.

Skout.adm. Khanyisile Litchfield-Tshabalala het die SANW in 2008 onder ’n wolk verlaat en toe weer vir omstredenheid gesorg toe sy in Augustus 2010 in die weermag se reserwemag (RM) aangestel is.

Me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. Pieter Groenewald, VF+-LP en -woordvoerder oor verdediging, gesê Litchfield-
Tshabalala is deesdae koördineerder van die SANW se nasionale jeugdienstaakspan wat al 1?500 jeugdiges teen ’n koste van R35,2?miljoen opgelei het.

Tydens dié opleiding word jeugdiges van onder meer lewensvaardighede en dissipline geleer, asook om ’n goeie rol­model te wees en nie misdaad te pleeg nie.

Leierskapsontwikkeling, fiksheid, patriotisme en drilvaardighede is ook deel van die kurrikulum.

Litchfield-Tshabalala is skuldig bevind aan bedrog nadat sy R15?000 geëis het vir ’n weermagrekenaar wat nie werklik gesteel is nie en ’n ondergeskikte aangerand het.

Sy het ’n opgeskorte vonnis van ’n jaar tronkstraf en ontslag uit die weermag ontvang.

Sy het ’n R6?000-boete betaal en moes ook die R15?000 wat sy geëis het aan die weermag terugbetaal.

“Dit is duidelik dat Litchfield-Tshabalala totaal onbevoeg is om in diens van die SANW te wees en sy moet dadelik afgedank word,” het Groenewald gesê.

Hy het Litchfield-Tshabalala, wat sedert haar skuldigbevinding ’n militêre misdaadgeskiedenis het, as ’n “verleentheid en skande” vir die weermag en haar kollegas beskryf.

“Dit skaad ook die beeld van die hele weermag en Suid-Afrika in die buiteland dat ons weermag misdadigers as senior offisiere het.”

Mnr. Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, het gesê hy kan nie kommentaar lewer nie aangesien die minister nie vir die aanstelling van soldate verantwoordelik is nie.

Mnr. Siphiwe Dlamini, departementele woordvoerder, het gesê die departement is bewus van Litchfield-Tshabalala se geskiedenis, maar haar misdaadgeskiedenis is ou nuus en haar aanstelling nie permanent nie. Sy is egter al langer as drie jaar in die pos.

Volgens die departement van verdediging se regulasies mag iemand met ’n vorige strafregtelike oortreding nie as offisier in die RM aangestel word nie.

Mnr. James Lorimer, waarnemende DA-woordvoerder oor verdediging, het gesê dit is ironies dat Litchfield-Tshabalala jeugdiges leer van etiek en om goeie rolmodelle te wees.

“As enigiemand ’n slegte rolmodel is, is dit Litchfield-Tshabalala.”
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.