Moodley ‘het klaar drie kanse gehad’

2012-01-25 21:44

Donovan Moodley en sy ma, Mary, gister tydens sy aansoek om herverhoor in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die man wat reeds sewe jaar van sy lewenslange tronkstraf weens die moord op die student me. Leigh Matthews uitgedien het, het al drie kanse gehad om die waarheid te vertel.

“Hy het al drie happe van die kersie gevat. Daar is niks meer oor om te byt nie. Nou is dit ewe skielik ’n nuwe kersie,” het adv. Zaais van Zyl, staatsaanklaer, gister in ’n aansoek om Donovan Moodley (31) se herverhoor in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer.

Volgens Van Zyl het Moodley drie geleenthede gehad om die waarheid oor Matthews se moord te ontbloot – tydens sy verhoor in die hooggeregshof en sy appèlaansoeke in die appèlhof en konstitusionele hof.

Die naakte lyk van Matthews, wat by die Bond-universiteit in Sandton ontvoer is, is in Julie 2004 in die lang gras in die Walkerville Manor-gebied, suid van Johannesburg, gevind.

Moodley, wat oorspronklik skuld op die moord beken het, voer in sy huidige aansoek aan drie dwelmsmouse het hom gedreig om by haar ontvoering betrokke te raak en dat hy moes toekyk hoe een van dié mans, slegs bekend as Jemba, haar doodgeskiet het.

Hy het gesê brig. Piet Byleveld, ondersoekbeampte in die saak, wou nooit dié weergawe van hom glo nie en het hom gedwing om skuld te beken.

Volgens hom het Byleveld ook bewyse gemanipuleer om sy “een-man”-weergawe te staaf.

Van Zyl het aangevoer dié “ware weergawe” is net ’n storie en dat Moodley dan reeds vir drie howe gelieg het.

“Nou wil hy hê die hof moet dié nuwe weergawe glo.”

Oor Moodley se weergawe dat kernbewyse, soos ’n tolpad-video, net verdwyn het, het Van Zyl gesê dié bewyse het nooit bestaan nie.

“Niks is nuut in dié weergawe nie. Sy posisie is dieselfde as in 2005.

“As Moodley dan aanvoer hy was so slim om nie dié misdaad te pleeg nie, hoekom was hy so slim om skuldig te pleit? Omdat hy gehoop het hy kry ’n vonnis ligter as lewenslank.”

Die aansoek duur voort.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.