‘Moordsaak is wit komplot’

2011-06-30 00:46

Mev. Elana van Breda gister buite die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Liza van Deventer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“Ek het besluit om vandag (gister) nie in die hof te huil nie. Ek wou nie weer opspraak wek nie,” het mev. Elana van Breda gister gesê.

Sy is die vorige dag deur adv. Paul Shapiro, regsverteenwoordiger van haar man se vermeende moordenaars, beskuldig dat sy in die hof sit en huil om “die hof te beïnvloed”.

Sy moes gister “trane wegsluk” om nie te huil nie. Haar man, mnr. Dawie Maree (27), is op 23 Mei 2008 in die gesin se huis in Meyerspark, Pretoria, vermoor.

“Hoe kan ’n mens nie huil nie as jy moet luister hoe seer die man, wat jy met jou hart liefgehad het, gehad het? As ek nie gehuil het nie, was ek ’n monster.”

Die trane het eergister oor Van Breda se wange geloop terwyl sy geluister het na ’n lykskouer se getuienis dat haar oorlede man vier keer geskiet is.

Haar trane het ’n hewige woordewisseling tussen Shapiro en regter Tshifiwa Maumela ontketen.

Shapiro het gekla dat haar trane “hoogs skadelik” vir die saak is.

Van Breda het gister net nou en dan haar kop geskud nadat Shapiro onder meer gesê het haar oorlede man is ’n rassis en dat ’n sameswering van wit Afrikaanssprekende mense daartoe gelei het dat mnre.
Lawyer Marabe Talane en Rodney Katang Masemola van Maree se moord aangekla is.

Shapiro het gesê Talane en Masemola beweer hulle word valslik by Maree se moord betrek.

“Volgens beskuldigde een (Talane) is almal wat by dié saak betrokke is, wit Afrikaanssprekende mense. Dit is wit Afrikaanssprekende polisiebeamptes wat gesimpatiseer het met ’n wit Afrikaanssprekende vrou wie se wit Afrikaanssprekende man doodgemaak is,” het Shapiro gesê.

Shapiro het aan ao. Gawie Jansen van Rensburg, wat getuig het oor Talane se vingerafdruk wat hy die dag van Maree se dood in sy huis gekry het, gesê die polisie het Talane se vingerafdruk “geplant”.

Volgens Shapiro het Talane gesê ’n “wit polisieman” het hom in die huis ingeneem en hom gedwing om te leun op die vensterbank, waar Jansen van Rensburg die vingerafdruk gekry het.

Hy het gesê Masemola beweer ook dat die polisie hom valslik by die moord betrek het.

“Die hele saak teen die beskuldigdes is gerekonstrueer. Ons sê Dawie het ’n reputasie gehad dat hy swart mense aanrand. Hy het dit nie net een keer gedoen nie,” het Shapiro gesê.

Van Breda, ma van drie kleuters, is ná Maree se dood weer getroud, vandaar haar nuwe van.


Adv. Paul Shapiro gister buite die hooggeregshof in Pretoria.
Foto: Liza van Deventer


Lewer kommentaar op hierdie artikel
319 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.