‘My broer het as ’n held gesterf’

2010-06-07 22:26

Sers. Gert du Toit (regs) staan by sy broers, Kobus (links), Danie (tweede van links) en Francois. Dié foto is in Maart vanjaar tydens ’n familiebyeenkoms geneem.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Ou Gertjie, ou Gertjie. Een is weg, een is weg. Nie weer nie, nie weer nie”.

So het die bejaarde pa van sers. Gert du Toit (34) eergister sy seun se dood betreur. Du Toit was ’n lid van die K9-eenheid in Johannesburg wat Saterdag deur transitorowers in Protea-Suid, Soweto, in ’n oor-en-weer skietery doodgeskiet is.

Mnr. Danie du Toit (38), sers. Du Toit se broer, het gister gesê hul pa, ook Gert (70), wat gevorderde Alzheimersiekte het, besef iets is nie reg nie.

Danie sê sy broer het as ’n held gesterf. “Hy het nie net eenkant gesit en niks doen nie. Toe sy kollegas hulp nodig gehad het, het hy re­spond en daarvoor het hy met sy lewe betaal.”

’n Polisielid het Danie Saterdag omstreeks 09:30 gebel. Dié lid het eintlik sy ma, Ronel (65), gesoek. Danie het dadelik onraad vermoed.

Nadat hy die nuus oor sy broer se dood gehoor het, was sy eerste gedagte: Hoe vertel hy dit vir sy ouers?

Hy het sy broer Francois (36), by wie sy ouers in Kempton Park gekuier het, gebel om hulle dit te vertel.

Danie sê sy broer was ’n “harde ou­tjie”. Sers. Du Toit is ná skool na die polisiekollege in Pretoria. Ná sy opleiding het hy in Cleveland, Johannesburg, in die enkelkwartiere gebly.

“Oral teen sy mure was net plakkate van polisiemotors en -kentekens,” het Danie gesê.

“Dit was sy passie, sy trots. Hy het vir my gesê hy wil kyk in hoeveel eenhede hy kan wees. Hy was by die bikes, die berede eenheid, blitspatrollie en nou by die honde-eenheid. Hy het altyd alles gegee.

“Gert het misdaad gehaat. Hy het dit sy missie gemaak om alles te doen om misdadigers vas te trek. Polisieman is al wat hy wou wees. Hy het doodgegaan in die werk wat hy wou doen.”

Nog ’n polisieman, konst. Musa Arthur Kefwa, en twee veiligheidswagte van die Protea Coin-veiligheidsmaatskappy is in Saterdag se skietery gewond.

Een van drie verdagtes wat weens Du Toit se moord vasgetrek is, het gister vlugtig in die Johannesburgse landdroshof verskyn, berig Sonja van Buul.

Die saak teen dié verdagte van Vereeniging wat glo as veiligheidswag vir Protea Coin gewerk het, is uitgestel na 24 Junie.

Dit is nie bekend of hy die man is wat vroeër in ’n soortgelyke strafsaak op borgtog vrygelaat is nie.

’n Bron na aan die polisie-ondersoek het gesê die twee ander verdagtes is steeds in die hospitaal en sal, afhangend van hul herstel, onderskeidelik op 14 en 17 Junie vir die eerste keer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Volgens die bron is dié verdagtes nog in die hospitaal, waar hulle behandeling ontvang vir beserings wat hulle tydens die transitorooftog opgedoen het.

Dié twee is nie polisiebeamptes nie. Die moontlikheid word nie uitgesluit nie dat polisielede wel deel was van die groep van byna 15 transitorowers wat vir Du Toit se dood verantwoordelik is.

Sers. Du Toit laat nog ’n broer, Kobus (33), sy vrou, Alicia, en ’n stiefdogter, Caitlan (6), agter.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.