‘My pa het geweet iets gaan gebeur’

2010-03-15 23:31

Mnr. Albert van Deventer, wat op sy plaas doodgeskiet is, ’n week voor sy dood saam met sy kleindogter, Lyandi van der Merwe (3).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die man wat die naweek in Limpopo op sy plaas vermoor is het “meer as een keer” aan sy dogter gesê daar gaan iets met hom en sy vrou gebeur.

Mnr. Albert van Deventer (63) is Saterdagaand op sy wildplaas, Langwater, naby Vaalwater doodgeskiet.

Liza van Deventer, ’n fotograaf by Media24 en dogter van die oorledene, het gesê haar pa en ma, Hannetjie (64), het sowat twee jaar gelede ná hul aftrede hul droomhuis op die plaas laat bou.

“Vandat hulle daarheen getrek het was daar probleme. Die senuweeagtige gevoel van die omgewing se boere was tasbaar. My ouers het die een gru-verhaal ná die ander gehoor van vandalisme, plase wat onteien word en moord,” het Liza gesê.

Mnr. Van Deventer is deur ’n onbekende aantal aanvallers oorval toe hy Saterdag omstreeks 19:00 die waternatleiding in die tuin gaan skuif het.
Hy is op kort afstand in die gesig geskiet. Hy is vermoedelik op slag dood.

Die aanvallers het daarna na die kombuis gehardloop waar mev. Van Deventer was. Hulle het haar vasgebind, geblinddoek en in die vertrek rondgesleep. Hulle het later haar klere uitgetrek. Sy het gevrees sy gaan verkrag word en het by die aanvallers gepleit om dit nie te doen nie. “Hulle het toe gelag en haar so gelos,” het haar dogter gesê. Die aanvallers het die kluissleutels en geld gevra.

Mnr. Van Deventer het sy jaggewere in die kluis gehou.

Die aanvallers het met selfone in ’n bakkie gevlug met die wapenkluis agter op.

Mev. Van Deventer het, nadat hulle weg is, haarself losgewikkel en na haar man in die tuin gehardloop, maar hy was reeds dood.

Sy het toe kaalvoet deur die veld na haar bure, minder as ’n kilometer van hul huis, gegaan vir hulp. Die moordenaars het die bakkie naby Modimolle (Nylstroom) gerol. Die polisie het daar op die geslote wapenkluis afgekom.

Liza het gesê haar pa was goedhartig, regverdig en het baie vir ander mense gedoen. “Ons gaan hom baie mis.”

Intussen het TLU SA verlede week ’n griefskrif aan me. Dikeledi Magadzi, LUR vir veiligheid in Limpopo, oorhandig waarin hulle vra vir ’n spesialiseenheid in die polisie om net op plaasaanvalle en -moorde te fokus.

Agt mense, insluitend Van Deventer, is sedert begin Februarie op plase in Limpopo vermoor.

Mnr. Doors le Roux, veiligheidsvoorsitter van TLU SA-Noord, het gesê die polisie moet meer op misdaadintelligensie fokus. Dit kan sulke aanvalle voorkom.

“Dit is nie meer goed genoeg om ná die tyd ’n poging aan te wend om die sosiale terroriste te vang nie. Die skade is dan gedoen. ’n Lewe is geneem,” het Le Roux gesê.

TLU SA-noord wil ook hê plaasmoorde moet as ’n prioriteitsmisdaad beskou word.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.