‘My pa moet my net in die kerk kan inbring...’

2010-05-28 00:38

Mnr. Piet Swart (58) en sy vrou, Ria (53)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Klerksdorp. – “My pa moet my net een van die dae in die kerk kan inbring wanneer ek trou. ’n Mens voel bitter en ’n mens voel baie, baie kwaad...”

Aan die woord is me. Linki Swart (24) nadat haar ouers, Piet (58) en Ria (53), gisteroggend op die Kafferskraal-hoewes in die Wesselsstraat-verlenging deur vyf mans oorval is.

Linki trou op 10 Julie met Nardus Lombaard, ’n lid van die Noordwes Luiperds-rugbyspan.

Die Swart-egpaar is in ’n huisrooftog met ’n AK47, ’n R1 en ’n 9?mm-pistool aangehou, geskop en geslaan waarna mnr. Swart in die been geskiet is.

Volgens sy seun, Cornel (20), is sy pa se been versplinter en sou hy gisteraand eers ’n bloedoortapping kry voordat hy ’n operasie aan die been sou ondergaan.

Hy is in die waakeenheid.

Sy vrou, wat ’n hart- en hoë bloeddruklyer is, word in dieselfde hospitaal behandel.

“Dit lyk asof daar ’n brief in die rowers se besit gekry is met twee adresse op; een adres is my pa hulle s’n en die ander my oom-hulle s’n wat sowat 500?m verder bly. Ons het ook gehoor hulle vermoed die aanvallers was uit op borgtog.”

Volgens hom het sy pa verwoedelik terugbaklei, maar sy aanvallers het hom heeltyd grond toe gedwing en geskop.

“Hulle het die pistool teen sy kop gedruk en toe my ma getakel. Hulle het daarna my ma se hande met kabelbinders vasgebind en is weg met vuurwapens, selfone en juwele en ’n voertuig wat nie werklik meer gebruik word nie,” sê Cornel.

Die voertuig is later die oggend verlate in Khuma naby Stilfontein gekry.

“Dis baie sleg vir my ma. Hulle vermoed sy het harsingskudding. Sy wil nie regtig weer teruggaan plaas toe nie. My pa dien op die bestuur van die Atemelang-skuiling, hy gee om vir mense en is goed vir hulle.

“Dis asof hierdie aanvalle net erger raak ná Eugène Terre’Blanche se moord,” sê Linki.

Die Swart-egpaar bly reeds 20 jaar lank op die hoewe.

Mnr. Fanie Terblanche, DA-raadslid in die stad, het gesê sy swaer en skoonsuster is verniel.

“Sy is ’n klein en fyn vroutjie. Haar gesig is so geswel. Dis bitter sleg...”

Mnr. Swart was 30 jaar lank ’n rekenmeester by AngloGold Ashanti.

Insp. Sam Tselenyane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Ek weet nie of die verdagtes uit is op borgtog nie.
“Hulle is nog nie in hegtenis geneem nie, so ek het nie daardie inligting nie. Ons ondersoek klagte van huisroof en poging tot moord.”

Mnr. Chris Hattingh, provinsiale leier van die DA, het sy kommer uitgespreek oor die vlaag van plaasaanvalle die laaste tyd.

“Die plaasaanvalle is besonder gewelddadig en enkelinge of bejaarde egpare word gewoonlik deur ’n aantal gewapende rowers, gewoonlik drie of vier, aangerand en gemartel.

“Die lafhartige en slu optrede van die aanvallers is opvallend.

“Die herhalende aanvalle waarby verhoorafwagtendes, gewoonlik vrygelaat op borgtog in afwagting op verhore oor vorige plaasaanvalle, betrokke is, is kommerwekkend en oproepe uit die geteikende landbougemeenskap dat die regstelsel toenemend medepligtig is, kan nie langer verontagsaam word nie.”

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.