NGK-lede ontstig oor ‘lasterlike’ geklets

2010-01-05 01:56

Talle kerkmense het hul messe in vir ’n joernalis van Kerkbode omdat hulle meen hy bedryf ’n godslasterlike en vloekende webwerf.

Die kop van mnr. Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, word geëis in briewe wat tans in die kerk rondgestuur word.

Oosthuizen bedryf Kletskerk (www.kletskerk.co.za), waar daar ’n oop gesprek oor godsdiens gevoer word. Hy sê die deelnemers wissel van fundamentaliste tot ateïste.

Bekommerde kerklui verkwalik Oosthuizen nou vir die kru godslastering wat sommige deelnemers kwytraak.

Oosthuizen sê daar is ’n klomp goed wat op die webwerf verskyn waarmee hy ook nie saamstem nie, maar dit is ’n spieëlbeeld van “goed wat daarbuite gesê word”.

Terwyl sommige mense nou kla, is daar ook kerklui wat meen die NG Kerk moet ook dié stemme hoor.

Oosthuizen sê daar is ’n klein groepie radikale mense wat al lank oor Kletskerk kla.

Dit lyk of die klagtes nou meer momentum begin kry.

Dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê daar het die laaste tyd ’n stroom e-posse by hom aangekom, onder meer van die moderature van twee streeksinodes.

Die moderatuur van die algemene sinode sal dit later vandeesmaand op ’n vergadering bespreek, maar daar sal intussen ook ’n gesprek met ds. Anton Pienaar, redakteur van Kerkbode, gevoer word.

Pienaar het gister gesê hy het besware oor Kletskerk gekry en hy sal dit aanstaande week met Oosthuizen bespreek wanneer hulle weer op kantoor is. Hy beskou Oosthuizen as ’n goeie en lojale joernalis en is jammer as daar spanning tussen ’n personeellid van Kerkbode en die breër kerk ontstaan.

Prof. Piet Strauss, moderator van die algemene sinode, het gesê Kletskerk is Oosthuizen se eie projek en die NG Kerk het homself losgemaak daarvan.

Daar is egter steeds ’n skakel na Kletskerk op Kerkbode se webwerf.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.