NW-geldverslae skok

2012-02-17 21:29

Mahikeng. – “As jy aan staatseiendom raak, is daar nie onderhandelinge nie, jy sal tronk toe gaan.”

Dit was die waarskuwing wat me. Thandi Modise, Noordwes se premier, gister aan korruptes gerig het by die opening van die provinsiale wetgewer.

Al 24 Noordwes se munisipaliteite word vir korrupsie en wanbestuur ondersoek. Van die munisipaliteite was al onder administrasie.

Die prestigeryke opening gister het sowat R4 miljoen gekos en 3 000 mense is genooi, het mnr. Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes en lid van die wetgewer, gesê.

“Dis ’n skande, die Wes-Kaapse opening het R203 000 gekos.”

Modise het gesê die 2010-’11-boekjaarverslae is “skokkend”.

“Net nege munisipaliteite het finansiële verslae by die ouditeur-generaal ingedien. Dit kan nie geduld word nie.”

Die premier het gesê wanbestuur, onreëlmatige besteding, bedrog en korrupsie moet ernstig aandag kry.

“Vaardige mense moet aangestel word.”

Die provinsie borg daarom studente om in rekeningkunde en finansiële bestuursrigtings te studeer. Hulle sal ná hul studie by munisipaliteite in die provinsie geplaas word.

Daar is ook provinsiale beurshouers. Die fokus val op skaars vaardighede soos ingenieurswese, gesondheidsberoepe en stadsbeplanners.

“Ons moet aanhou streef na ’n korrupsievrye administrasie. Ons teenkorrupsie-eenheid veg daarom hard om goeie bestuur.”

Die provinsiale regering het onder meer ’n fonds gevestig vir noodsaaklike dienste soos water, watersuiwering en sanitasie.

Modise het gesê Noordwes behoort Suid-Afrika se landbousentrum te wees.

’n Opleidingsentrum vir ontluikende boere sal binnekort in die provinsie bekend gestel word.

Volgens die premier spog Noordwes nou met een van die beste gesondheidsdepartemente in die land en het die voorkoms van MIV-infeksies met 0,4% afgeneem.

“Ons matriekresultate was die derde beste ... met ’n slaagsyfer van 77,8%”.

Modise het gesê toerisme is uiters belangrik vir die provinsie en dat meer groei nodig is.

Hattingh meen Modise se openingsrede was “teleurstellend, vaag en sonder ’n behoorlike tydraamwerk”.

“Sy moet besluit of sy adjunk-sekretaris-generaal van die ANC of premier wil wees, sy is uit voeling met wat op grondvlak gebeur.

Dis verontrustend dat sy g’n plan ter tafel gelê het om die feit dat Noordwes een van die slegste provinsies in die land is om te keer nie. ” 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.