‘Natuur in SA verswak ergste’

2012-02-12 21:14

Suid-Afrika se natuurlike omgewing het die afgelope 20 jaar die vinnigste van alle lande ter wêreld agteruitgegaan.

Dit is die bevinding van ’n span wetenskaplikes aan die Universiteit van Yale en Columbia, in samewerking met die Wêreld- Ekonomiese Forum, wat die stand van die natuurlike omgewing in 132 lande gemeet het.

Suid-Afrika is in die 128ste plek, net drie plekke beter as Irak, wat laaste geëindig het.

Die navorsers het bevind die Switsers het hul omgewing die afgelope twee dekades die beste bewaar en bestuur.

Sy lug- en watergehalte, biodiversiteit en die bestuur en bewaring van sy ekostelsels is die beste ter wêreld.

Die navorsers het die stand van die 132 lande se natuurlike omgewing in 1992, toe die Aardeberaad in Rio de Janeiro gehou is, met vandag vergelyk deur 22 aanwysers te gebruik.

Luidens die verslag is dit duidelik Suid-Afrika se lug- en watergehalte, biodiversiteit, die funksionering van sy ekostelsels, sy landbou- en visbedryf het ernstig verswak.

Die navorsers het ook die stand van menslike gesondheid in Suid-Afrika met dié in 1992 vergelyk.

Die Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) het in ’n verklaring gesê dié bevindings is skokkend.

Mnr. Garth Barnes, direkteur van bewaring by Wessa, het gesê dié stand van sake skep geweldige probleme omdat Suid-Afrika van die beste omgewingswetgewing ter wêreld het.

“Dit is duidelik die wetgewing word nie toegepas nie.

“Die studie bevestig Wessa se standpunt dat mense nie in ’n ongesonde omgewing kan oorleef nie. Hierdie verslag is die ware stand van die nasie.”

As die regering werklik mense se lewe wil verbeter, sal hy baie beter na die omgewing moet omsien, meen Wessa.

Barnes het daarop gewys dat Suid-Afrika se natuurlike ekostelsels ter wille van ’n steenkoolgedrewe ekonomie teen ’n geweldige tempo vernietig word.

“Daar is duidelik ’n kortsluiting tussen die regering se maatskaplike-ontwikkelingsplanne en omgewingsbestuur.”

Die verslag verskyn op www.epi.yale.edu. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.