Néé, sê Woolworths

2012-01-22 21:16

’n Onafhanklike webwerf wat verbruikerspryse dophou is toegang geweier tot ’n na­sio­nale kettinggroep en twee van hul navorsers is uit ’n winkel gejaag.

Me. Viccy Baker van Red Gekko Design and Branding Solutions in Johannesburg bedryf die webwerf Retail Price Watch.

Dié webwerf teken die pryse van sowat 10 000 produkte aan.

Volgens Baker is die idee dat verbruikers aanlyn pryse by hul plaaslike winkels kan vergelyk en daarom doen haar navorsers prysopnames by elke spesifieke winkel.

Sy het ’n bloutjie geloop toe sy Woolworths om toestemming gevra het om inligting in hul winkels te versamel.

“Voordat ek met die webwerf begin het, het ek ’n regsmening gekry en daar is geen wettige rede waarom ek nie die pryse kan nagaan as hulle dit in elk geval bekend maak (op hul eie webwerf) nie.

“Ek het steeds gevoel dit sal beleef wees om toestemming te vra en ek sal eerder hul samewerking wil hê.”

Baker het die besturende direkteur in April verlede jaar gekontak en het in Augustus uiteindelik daarin geslaag om ’n afspraak met Woolworths se bestuur te reël.

Hulle het haar versoek afgekeur.

Sy het voortgegaan om haar personeel na plaaslike takke van Woolworths te stuur omdat “hulle my geen wettige rede gegee het waarom ek dit nie kan doen nie”.

Op 13 Januarie is twee navorsers na die Woolworths by die Fourways-winkelsentrum, waar hulle eers die bestuurder se toestemming gevra het om die pryse te mag nagaan.

Hy het aanvanklik ingestem, maar gesê hy sal by die hoofkantoor moet seker maak.

“Hy was toe baie kortaf met my mense en het gesê hulle moet die winkel onmiddellik verlaat,” het Baker gesê.

Me. Zyda Rylands, Woolworths se besturende direkteur van voedsel, het aan Beeld gesê hulle ontvang dikwels soortgelyke versoeke en dat hulle elke versoek na verdienste beoordeel.

“Hoewel ons kritieke prysnavorsingsprojekte tegemoet sal kom, soos dié wat deur statutêre liggame uitgevoer word, verkies ons om ons winkels toe te laat om op handel te fokus.

“Ons is ingeteken op ’n diens wat pryse in die kleinhandelbedryf vergelyk en Red Gekko kan ook daarop inteken.”

Rylands het bygevoeg Woolworths se produkte is dikwels nie regstreeks vergelykbaar met dié van ander kettingwinkels nie.

“Ons is byvoorbeeld die enigste groep wat net plaaseiers verkoop. Dit is effens duurder. Dit is dus nie moontlik om Woolworths se eiers met die res van die mark s’n te vergelyk nie.”

Baker het gesê Woolworths is die enigste groep wat haar versoek summier afgekeur het.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.