Net húlle moet wapens hê, is staat se mikpunt

2010-02-08 23:57

Durban. – Die regering mik daarna dat wetstoepassers die enigste mense moet wees wat vuurwapens het, sê mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie.

Hy en komm. Bheki Cele, na-sionale polisiehoof, het gister hier gesê die regering is besig om die geraamde 2 miljoen wettige én onwettige vuurwapens in die land beduidend te verminder.

’n Drie maande lange amnestietydperk het op 11 Januarie begin waartydens mense wettige en onwettige vuurwapens by die polisie kan inhandig. Sedertdien is 3?046 vuurwapens en 41 597 patrone ingehandig.

Sedert 2005 is bykans 1 miljoen vuurwapens uit sirkulasie geneem, het Mthethwa gesê. Wettige vuurwapeneienaars “wat voel hulle het nie meer hul wapens nodig nie”, word aangemoedig om dit in te handig. Dit is nodig omdat misdadigers vuurwapens steel of roof en dit dan vir misdaad gebruik.

“As wettige vuurwapeneienaars egter voel hulle het die wapens nog nodig, kan hulle dit hou,” het die minister gesê.

Volgens Cele kan die impak wat die polisie op die getal onwettige wapens in omloop maak, gesien word in die toename in mesmoorde. “Misdadigers wend hulle nou weer tot Okapi’s (messe), nie omdat dit hul wapen van keuse is nie, maar omdat ons die lewe vir hulle moeilik maak.”

Gister is sowat 10 000 vuurwapens wat ingehandig is of waarop die polisie beslag gelê het, in Durban vernietig. Die laaste paar weke is 80 000 sulke wapens ook in Gauteng vernietig.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.