Niks fout met ou landsvlag

2009-12-09 23:59

Durban. – Die ou Suid-Afrikaanse landsvlag is nooit verbied nie en die vertoon daarvan word deur mense se reg tot spraakvryheid beskerm.

So het grondwetkenners gister gesê nadat komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, die vorige dag opdrag gegee het dat ’n klein landsvlaggie uit die vorige bedeling uit die kantoor van ’n junior bestuurder van Metrorail in Durban verwyder word.

Cele het dié opdrag gegee nadat mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, dit toevallig in die vrou se kantoor raakgesien het.

Sowel prof. Marinus Wiechers, wat die Grondwet help opstel het, as prof. Pierre de Vos, grondwetkenner van die Universiteit van Kaapstad, het gesê die reg tot spraakvryheid beteken dat mense steeds die ou landsvlag kan vertoon.

Veral in 1996 het die vertoon van ou landsvlae by rugbywedstryde ’n polemiek veroorsaak en het die Suid-Afrikaanse rugby-owerhede hulle sterk daarteen uitgespreek, maar dis nooit in stadions verbied nie.

Die ou landsvlag is nooit deur enige wet verbied nie en selfs al sou iemand dit wou doen, sal dit ongrondwetlik wees, het De Vos en Wiechers gesê.

“Baie mense sou sê dit (die ou landsvlag) is onooglik. Maar vryheid van spraak beteken dat ons ook standpunte moet aanvaar wat vir ons veragtelik is,” het De Vos gesê.

Volgens Wiechers word slegs haatspraak en die aantas van iemand anders se eer nie deur spraakvryheid beskerm nie. Hy reken dit was ’n growwe en onsensitiewe magsvergryp aan Cele se kant om opdrag te gee dat die vlaggie verwyder moet word sonder om die kwessie eens met die vrou te bespreek.

De Vos het gesê dit is moontlik dat individuele instellings reëls kan maak oor wat hulle in die werkplek toelaat, solank dit duidelik uitgestippel word. Dit sou byvoorbeeld verdedigbaar wees as iemand wat met die publiek werk of die staat op een of ander manier verteenwoordig, verbied word om ’n ou landsvlag in sy kantoor ten toon te stel.

“Maar in jou persoonlike hoedanigheid is jy vry om die ou landsvlag voor jou huis te hys,” het hy gesê.

Me. Thandi Mkhize, Metrorail-woordvoerder, het gesê die instelling het ’n beleid dat geen partypolitieke vlae of T-hemde of landsvlae wat nie meer in gebruik is nie in hulle kantore ten toon gestel mag word nie.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
104 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Legal Counsel

Randburg, South Africa
MultiChoice Africa
Market Related

Research / Data Analyst

Johannesburg, South Africa
Reel Recruit
R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.