Nóg 3 bejaardes in huise vermoor in vlaag van aanvalle

2010-02-21 22:37

Die vlaag van moorde op bejaardes het die naweek voortgeduur toe nog drie mense by hul huise in onderskeidelik Mokopane, Limpopo en Eldoraigne, Centurion, vermoor is.

Mnr. en mev. Jozua (70) en Esmé Booysen (54) is Vrydag deur rowers buite hul huis op ’n mynperseel in Mokopane ingewag en met klippe doodgegooi.

Die tuinwerker van mnr. Jerzy (George) Kanienski (60), ’n ingenieur wat oorspronklik van Pole kom, het eergisteroggend omstreeks 07:00 op Kanienski se bebloede lyk afgekom waar dit in ’n gang in sy huis in Eldoraigne gelê het.

Kanienski se hande was met kabelbinders vasgebind en daar was steekwonde aan sy liggaam.

Dit volg nadat ses bejaardes reeds sedert begin vanjaar in Pretoria vermoor is.

Kapt. Louise Reed, polisiewoordvoerder, het gesê Kanienski is waarskynlik Vrydag laatmiddag reeds deur ’n onbekende aantal rowers vermoor.

Die rowers het met slegs ’n kamera en twee handwapens van Kanienski gevlug.

“Dis verskriklik, ek weet nie eers wat om te sê nie,” het ’n bedroefde me. Johanna Fidos, ’n niggie van Kanienski en sy enigste familie in die land, gister gesê.
 
“Ek verstaan nie hoe jy iemand vir niks kan doodmaak nie. Is ’n kamera en twee pistole werklik iemand se lewe werd?”

Fidos het Donderdag laas met Kanienski gepraat en hulle sou eergister ontmoet het om te kuier.

“Ek het uitgesien om hom te sien, maar toe bel ’n vriend van hom wat deur die polisie gekontak is my om my van sy dood in te lig,” het sy gesê.

“Dit is ’n absolute skok.”

Kanienski, wat by die departement van waterwese gewerk het, woon al meer as 25 jaar in Suid-Afrika. Hy is jare gelede geskei en het geen kinders gehad nie.

Supt. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gister gesê die Booysen-egpaar het Vrydag gaan inkopies doen en is by hul terugkeer by hul huis deur vermoedelik twee rowers oorval.

“Twee van die egpaar se werkers is vroeër die dag deur die rowers oorval en in die huis vasgebind,” het Otto gesê.

“By hul aankoms by hul huis is die egpaar toe ook deur die rowers oorval en met klippe doodgegooi.”

Die rowers het volgens haar verskeie vuurwapens uit die Booysen-egpaar se huis gebuit en in mnr. Booysen se Mercedes-Benz van die toneel gevlug.

Die egpaar se werkers kon hulself loswikkel en het hulle na ’n nabygeleë polisiekantoor gehaas om die voorval aan te meld.

Die polisie het kort daarna die Booysen-egpaar se lyke by hul huis gekry.

Mnr. Booysen se uitgebrande motor is later sowat 20 km van die moordtoneel deur die polisie gekry.

Niemand is nog in verband met dié moorde aangekeer nie.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.