Nog 'n moord ruk Limpopo

2010-03-02 23:45

In die derde moord op die Limpopo-platteland binne vier dae is ’n bejaarde man van Bela-Bela (Warmbad) se lyk gister op ’n hoewe buite die dorp gevind.

Die polisie het gisteroggend op mnr. Ron Smith (70) se lyk afgekom op sy bed in ’n rondawel op ’n hoewe in die Droogekloof-gebied sowat 15km op die pad na Thabazimbi.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Smith se hande was aan die bed se kopstuk vasgebind. Hy het ’n skietwond in die linkerknie gehad.

Otto het gesê dit lyk of die moordenaar(s) by ’n venster ingekom het.
Van Smith se familie wat in Benoni aan die Oos-Rand woon, het bekommerd geraak toe hulle hom nie in die hande kon kry nie. Hulle het gisteroggend die Bela-Bela-polisie gebel. Smith is vermoedelik tussen Sondag 20:00 en eergisteroggend vermoor.

Otto het gesê dit is onduidelik of iets uit die rondawel gesteel is.

Die moord kom kort ná twee gru-moorde die naweek in Limpopo.

Mnr. Etienne Cammaerts (61) is Vrydag op sy plaas in die Lephalale (Ellisras)-distrik keelaf gesny.

Mnr. Paul Dunn (49), plaasbestuurder van Constantia Produkte, ’n sitrusplaas in die Letsitele-gebied, is Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet.
Twee mans verskyn vandag in die Mokopane (Potgietersrus)-landdroshof weens die moord op Cammaerts, ’n Belg.
Otto het gesê ’n 29-jarige man en sy 20-jarige makker is eergister laat in die Villa Nora-gebied weens dié moord aangekeer. Niks is van
Cammaerts gesteel nie. Sy lyk is op ’n verlate grondpad naby ’n waterpan op die plaas gekry.

Intussen moet Dunn se stiefseun, Ruan (16), berading ontvang nadat hy op sy bebloede lyk afgekom het.
Mev. Tanya Dunn het gister gesê haar seun is uiters geskok.

Sy en Ruan het Vrydagaand in die nabygeleë Tzaneen oorgeslaap. Hulle is Saterdagoggend na die plaas. “Ek bel gewoonlik vir Paul om die hek oop te maak, maar hy het nie geantwoord nie,” het mev. Dunn gesê.

Sy het by die huis ook die toeter herhaaldelik gedruk, maar daar was geen antwoord nie. Ruan het by die kombuisvenster ingekyk en sy stiefpa se lyk op die vloer sien lê.

“Hy (Ruan) het verskriklik geskree. Ek het gaan kyk en hom daar sien lê?.?.?.?ek was so geskok,” het mev. Dunn gesê.
“Baie mense is nou kwaad en wil wapens opneem, maar wat sal dit help? Dit gaan nie my man terugbring nie,” het mev. Dunn gesê.

Vyf mense is in Februarie op plase in Limpopo vermoor. Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het gister gesê hulle het by Fifa beswaar gemaak omdat die WB 2010-stadion in Polokwane (Pietersburg) na Peter Mokaba genoem is. Mokaba was berug om sy slagspreuk “Kill the Boer, kill the farmer”.

“Mokaba was ’n aanstigter tot moord op plaasboere.
Nadat sy slagspreuk berug geword het, is meer as 2 000 mense op plase in Suid-Afrika vermoor. Ons is seker Fifa sal nie toelaat dat ’n sokkerstadion na Adolf Hitler genoem word nie. Dit is ’n klap in die gesig van die naasbestaandes van duisende slagoffers van plaasmoorde,” het Kriel gesê.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.