Nuwe held verrys vir SA krieket

2012-02-19 22:10

Richard Levi slaan gister ’n ses tydens die internasionale Twintig20-kriekettoets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto: SANDRA MU, GETTY IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Richard Levi, Suid-Afrika se nuwe krieketheld, was van kleins af te groot en sterk vir sy teenstanders op die krieketveld.

Dié 24-jarige Kapenaar het gister in Hamilton, Nieu-Seeland, met sy kolf ’n rits rekords oortref op pad na sy onoorwonne 117 teen die ­Kiwi’s. Hy het onder meer die vinnigste honderdtal en die meeste sesse nog in ’n Twintig20-beurt gemoker.

Sy 117 het ook Chris Gayle se rekord vir die hoogste telling geëwenaar.

Gister het hy die Proteas gehelp om die tweede Twintig20-wedstryd teen die Kiwi’s op ’n drafstap te wen.

Levi was vroeër vandeesmaand een van die spelers wat nie ’n kontrak kon kry om vanjaar in die skatryk Indiese Premierliga te speel nie. Nou word daar in Indië gewonder hoe die IPL-spanne hul huiswerk so swak kon doen dat ’n speler soos Levi deur die net geglip het.

’n Senior amptenaar by een van dié spanne het gister aan die Times of India gesê dat Levi glad nie ’n speler was wat hulle oorweeg het nie.

“Ons het ’n beperkte begroting gehad en net na sterspelers gekyk. Ons het niks van dié ou geweet nie,” het die amptenaar erken.

Levi se pa, Jonathan, het gesê sy seun se kragvertoning voel soos ’n droom.

“Jissie, ek kan dit amper nog nie glo nie. Dit was maar net sy tweede wedstryd vir Suid-Afrika en jou eerste gedagte is om net te hoop dat hy nie ’n gek van homself maak nie. Hoe volg jy so ’n vertoning op?” wou Levi sr. weet.

Die nuwe krieketheld se pa vertel dat as ’n klein kannetjie sy seun beter op die rugbyveld as op die krieketveld vertoon het. “Hy was ’n klein losskakel wat die bal met albei voete ewe goed kon skop. Hy het egter met beserings gesukkel en op hoërskool het hy hokkie gespeel in die winter.”

Mnr. Keith Richardson, skoolhoof by Wynberg Boys High waar Levi diep spore getrap het, het gesê Levi het van kleins uitgeblink.

“Omdat hy van kleins af groter en sterker as sy tydgenote was, het hy altyd teen ouer seuns gespeel. Ek dink dis een van die redes waarom hy so goed is.”

Sluit aan by Beeld se Facebook-bladsy en volg Beeld op Twitter


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.