Thomas: 'Hy vorder goed'

2012-02-03 20:38
Thomas bou ’n windmeul met ’n plastiekboustel terw

Thomas bou ’n windmeul met ’n plastiekboustel terwyl die arbeidsterapeut me. Bronwyn Ross toekyk. Thomas hou daarvan om goed met sy hande te bou en het dié opdrag baie geesdriftig uitgevoer.Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoewel Thomas Ferreira goeie vordering toon, gaan dit twee jaar duur voordat die langtermyneffek van sy breinbesering vasgestel kan word.

Thomas (19), ’n matrikulant van Krugersdorp, is op 5 November verlede jaar op sy motorfiets deur mnr. Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se ampsmotor omgery.

Hy het ’n traumatiese breinbesering opgedoen en was weke lank in ’n diep koma. Hy is in Desember na die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum in Fourways, Johannesburg, oorgeplaas waar hy tans aansterk.

Dr. Kris Mon, Thomas se dokter by die sentrum, het gesê hy het beserings aan albei frontale lobbe van sy brein.

“Daar kan blywende gevolge wees vir sy verdere opvoeding en loopbaan, maar dis nog te vroeg om met sekerheid vas te stel.

Dit kan sy intellektuele en kognitiewe vermoëns beïnvloed.”

Hy meen egter Thomas se vordering is “meer as bevredigend”.

“Mense met so ’n besering ervaar gewoonlik probleme met hul geheue en konsentrasievermoë en vind dit moeiliker om ’n gesprek te begin of daaraan deel te neem. Hulle kan egter steeds suksesvol wees.”

Volgens Mon herstel sowat 37% van hul pasiënte in so ’n mate dat hulle kan teruggaan werk toe.

“Toe hy hier aangekom het, kon hy nie eet, regtig beweeg of praat nie, wat dit baie moeiliker maak omdat hy nie sy behoeftes kon oordra nie,” het me. Char­maine Archary, bestuurder van die neuro-eenheid, gesê.

“Nou kan hy ’n bietjie loop, homself voer en praat. Hy kan egter nog nie aksies inisieer nie, so al kan hy byvoorbeeld sy tande borsel, moet ’n mens vir hom sê om dit te doen.

“Hy raak partykeer baie gefrustreerd.”

“Dit hang af van sy bui,” het me. Jacquiline Groenewald, verpleegbestuurder, bygevoeg.

“As hy in ’n goeie bui is, sal hy vinniger vorder, maar in ’n slegte bui, is dit twee treë terug.”

Thomas is tans impulsief en benodig nog baie toesig, taamlik tipies van dié soort breinbesering.

Me. Sophia Combrink, ’n kliniese sielkundige by die rehabilitasiesentrum, het gesê Thomas is tans nog nie eintlik bewus van sy omgewing nie.

“Soos hy meer bewus raak, kan ’n mens verwag dat hy angstig sal voel.”

Volgens Combrink is haar rol om te kyk na die emosionele impak van so ’n besering op ’n pasiënt sowel as sy algemene kognitiewe funksionering.

Die impak op die pasiënt se familie is “fenomenaal”.

“Daar is soms persoonlikheidsveranderinge. ’n Mens sien dikwels dat die persoon meer kortaf is en makliker geïrriteerd raak.

“Hul emosies is minder gereguleer. Die familie self gaan ook deur ’n traumatiese episode. Die kerk en vriendekring speel hier ’n rol.”

Lees ook "Om alles weer self te doen"



Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.