‘Om te lees oor Paris, Pirates’
2010-08-27 21:56
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Die Wet op die Beskerming van Inligting en die beoogde media-appèltribunaal is uiters ontstellend, het mnr. Ton Vosloo, nie-uitvoerende voorsitter van die mediagroep Naspers, gister gesê.
Hy het hom op die jaarvergadering van die maatskappy se aandeelhouers sterk uitgespreek teen die beplande wetgewing en gesê Suid-Afrika sal ’n ander gemeenskap wees as dit deurgevoer word.
“Mense sal steeds min of meer net soveel koerante koop as nou: om te lees oor Orlando Pirates en die Stormers en die weer en Paris Hilton.
“Koerante en radiostasies sal egter nie oor korrupsie verslag kan doen nie.”
Suid-Afrika sal nie meer ’n deursigtige demokrasie wees nie, toesmeerdery sal maklik wees en korrupsie sal floreer.
“Daar is min twyfel dat die Suid-Afrikaanse ekonomie tot niet sal gaan.
“Hopelik sal verstandiger stemme in die ANC opklink en sal dit nie wet word nie,” het Vosloo gesê.