'Ons sit en wag om uit te vind wie gaan volgende wees'

2009-09-22 07:07

Die gemeenskap van Krugersrus in Springs leef in vrees nadat ’n misdadiger se koeël ’n inwoner Saterdagaand noodlottig getref het.

Dokters het me. Karen Nagel (45) eergister in die Glenwood-hospitaal in Benoni breindood verklaar. Die masjiene wat haar aan die lewe gehou het is daarna afgeskakel.

Sy is geskiet toe sy probeer keer het dat aanvallers by die skuifdeur van hul huis inkom.

Haar man, Jan, het ’n koeël wat ook vir sy kop bedoel was, met sy hand gekeer.

Gemeenskapslede het met skok en vrees op die “sinnelose moord” gereageer.

Mnr. George Gerber, die Nagels se skoonseun wat vyf huise daarvandaan bly, het die skote gehoor en uitgehardloop. Hy het een van die mans sien weghardloop en hom agternagesit. “Ek kon hom net nie vang nie. Ek en van die ander mans het hulle later met die voertuie probeer soek, maar kon hulle nie kry nie.”

Volgens hom is dit vir sy swanger vrou, Jacqueline, baie moeilik om te verwerk. Elke keer as die honde blaf is sy wakker.

Mnr. Louis Nel (36), nóg ’n inwoner, het gesê daar is amper weekliks ’n skietery in die woonbuurt.

“Ons sit en wag om uit te vind wie gaan volgende wees. Elke geringe geluid maak my vrou en kinders wakker. Die mans slaap nie en ry snags rond om die gebied te patrolleer.”

Volgens hom is die oop stuk veld en konstruksieterrein wat aan die woonbuurt grens, moontlik die broeiplek vir die misdaad in die gebied.

Nel het gesê hulle het die munisipaliteit en die maatskappy wat die grond gekoop het, gevra om die gebied skoon te maak, maar albei het geweier. Hulle het aangebied om self daarvoor te betaal.

“Sommige kere klink dit soos ’n oorlogsone met tussen 15 en 20 skote op ’n slag.”

Me. Amanda Greybe, polisiewoordvoerder van die Springs-polisiekantoor, het gister gesê geen ernstige misdade is in die laaste twee maande daar aangemeld nie. “Dit is een van ons rustiger woonbuurte en die voorval (skietery) is die eerste voorval in ’n lang tyd.”

Greybe het gesê niemand is nog in verband met die aanval op die Nagels in hegtenis geneem nie. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.