Oud-hoof (80) in haar woonstel keelaf gesny

2010-03-30 21:53

’n Bejaarde oudhoof van die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, is gisteroggend met haar keel afgesny in haar woonstel in Potchefstroom gekry.

Dr. Hilda Kotzé, wat op 19 Maart haar 80 geword het, se hande en knieë was met ’n vadoek vasgebind waaroor kleefband geplak was.

Sy is in ’n sit/hurkposisie langs haar bed gekry met die enkele snywond aan haar keel, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

’n Aanryete-afleweraar van Potchefstroom se dienssentrum vir bejaardes het op Kotzé se lyk in die Siesta-woonstelle op die hoek van Retief- en Walter Sisulustraat afgekom. Sy was in slaapklere en ’n kamerjas geklee.

Die afleweraar het volgens Myburgh onraad gemerk toe die ete wat hy die vorige dag afgelewer het nog voor die deur gestaan het. Die deur was nie gesluit nie.

Mev. Antoinette Christiani, opsigter van die woonstelle, het gesê Kotzé het langer as tien jaar daar gebly.

Sy was ’n stil, private mens en “hoogs geleerd”. Sy het verlede jaar nog ’n onderskeiding behaal in ’n Latyn-eksamen.

Die moord is waarskynlik die naweek gepleeg. Die moordenaar/s het moontlik toegang tot die woonstel gekry deur ’n deur wat nie gesluit was nie.

Die polisie ondersoek ook ’n saak van huisroof, hoewel dit nog moeilik was om te bepaal wat uit die woonstel vermis word, het Myburgh gesê.

Kotzé word oorleef deur twee broers, Len en Sakkie.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.