Oudkolonel fnuik aanval

2009-11-07 02:41

’n Predikant se vernuf en ’n voormalige weermagkolonel se akkurate skote het twee plaasaanvallers in die Brits-omgewing eergister gestuit nadat hulle die oudkolonel se vrou uit haar rolstoel gegooi, haar vasgebind en met ’n pistool teen die slaap geslaan het.

Mnr. Stefaans van der Walt (65), voorheen lid van 32 Bataljon, het gesê ds. Gerrit Krüger van die Gereformeerde kerk Centurion het by hom en sy vrou, Corlia (62), kom huisbesoek doen.

Omstreeks 19:00 het hy en Krüger na bouwerk op die plaas gaan kyk. Sy vrou, wat jare gelede in ’n motorongeluk verlam is, het tuis gebly.

“Die voordeur het oopgestaan omdat sy ons enige oomblik terugverwag het.”

Op pad terug huis toe het die aanvallers, een met ’n pistool en een met ’n mes, hulle in die voetpaadjie voorgelê.

“Toe die een met die vuurwapen ons sien, het hy die wapen gespan.”

Die mans het hul hande en voete met skoenveters vasgebind. Krüger is van sy beursie beroof.

Nadat hulle Van der Walt gevra het of sy vrou alleen tuis is en gedreig het om haar te skiet, is hulle na die plaashuis sowat 300 m verder.

Krüger kon die veters waarmee hy vasgebind was teen ’n skerp klip stukkend skuur.

“Nadat hy hom losgemaak het, het hy my voete losgemaak,” het Van der Walt gesê. “Ons kon nie my hande loskry nie. Ons is terug na die bouperseel om ’n ystersaag te kry waarmee ons dit losgesny het.”

Daarna is hulle deur die bosse plaashuis toe.

Op pad terug het hulle ’n skoot hoor afgaan.

“Ek het met die oog op so ’n situasie ’n vuurwapen in ’n kluis op ’n veilige plek versteek,” het Van der Walt vertel.

Hy is met dié wapen om die huis.

Hy het Krüger aangesê om agterna te kom ingeval hy (Van der Walt) “in die moeilikheid kom”.

Die slaapkamervenster waar sy vrou was, was oop. Toe hy daar inkyk, het hy haar rolstoel op die bed gesien lê.

Hy is om die huis. Daar was die rowers besig om onder meer ’n skootrekenaar en ’n selfoon uit te dra.

Van der Walt het gesê toe die een ’n vuurwapen op hom rig, het hy geskiet en die man in albei bobene gewond.

Die ander een het gevlug, maar is in die maag getref.

Daarna het Van der Walt sy vrou op die vloer van die slaapkamer aangetref. Een rower het glo vroeër die vuurwapen deur die venster op haar gerig en sy makker het haar vasgebind en uit die rolstoel gegooi.

Die ander een is langs ’n rivier op die plaas gekry waar hy gelê en gil het van die pyn.

Hy is in ’n bedenklike toestand in die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa.

Hoe alles uitgedraai het, is nie omdat hy “goed” is nie, het Van der Walt gesê.

“Dit is omdat die Here dit só bestier het.”

Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, was die polisie blitsig op die toneel omdat lede in die omgewing die skote gehoor het.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.