Ouma se keel met lem gesny

2012-01-23 22:33

Die koster van die Afrikaanse Protestantse kerk (APK) in Mookgophong (Naboomspruit) se keel is in ’n gru-aanval met ’n skeermeslem oopgekerf.

Me. Anita Jacobs van Niekerk (62) is in ’n bedenklike toestand in die provinsiale hospitaal in Polokwane.

Vyf mans is in hegtenis geneem. Die handsak en geld is by hulle gekry.

Me. Renee Matthee, haar dogter, het gister gesê haar ma “leef ook maar net. G’n mens verdien wat met haar gebeur het nie”.

Sy sal moontlik nie weer normaal kan sluk nie. Haar stembande moet geheg word.

Van Niekerk is Saterdagaand in haar huis in Sewende Straat in die dorp oorval. Sy het geslaap toe vyf mans omstreeks 23:00 in die huis ingekom het.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het van die diefwering oopgebuig om in die huis in te kom.

Van Niekerk se kleinseun, Alexander Donnovich (4), was in die huis tydens die aanval. Hy woon by sy ouma sedert sy ma sowat twee jaar gelede dood is. Hy is ongedeerd.

Die aanvallers het Van Niekerk se keel verskeie kere met ’n skeermeslem gesny. Daar is ook baie snywonde aan haar arms.

Alexander het geslaap toe sy ouma aangeval is, het Matthee gesê. Hy bly nou by familielede.

Haar ma het onlangs ’n vreemde man gehuur om in haar tuin te werk. “Twee van haar selfone is gesteel, maar ons het nie geweet wie dit gesteel het nie.”

Die aanvallers het Van Niekerk se handsak met R300 geroof.

“Ek het inmekaargesak van skok toe ek hoor wat gebeur het,” het Matthee gesê.

Mnr. Jakes Jacobs, ’n familielid, het gesê ’n man wat agter Van Niekerk se huis bly, het ’n geraas gehoor en toe gaan kyk wat gebeur het. “Daar is net bloed in haar kamer en selfs in die kombuis,” het Jacobs gesê.

Volgens Matthee moes haar ma ’n noodoperasie ondergaan.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

RECEIPTION PA ADMIN

Pretoria, South Africa
LP Artisan Recruitment
R5400

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.