Pa skiet seuns en ouma dood
2010-09-06 22:13
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Polokwane (Pietersburg). – Twee seuns en hul ouma is in ’n gesinsmoord buite die stad dood.
Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Benjamin Phosa (45) het hom gister in die kop geskiet nadat hy sy twee seuns en hul ouma doodgeskiet het.
Lehlogonolo Matlala (8) en sy broer, Thato (12), is op slag dood.
Albei is in die kop geskiet.
Phosa het mev. Elizabeth Matlala (80) daarna ook in die kop geskiet.
Phosa en die seuns se ma, wat in Pretoria woon, het die naweek glo ’n onderonsie gehad.
Volgens Ramatseba het Phosa eergister in verskeie taxi’s van Pretoria na die Phetole-nedersetting buite Polokwane gery.
Hy het gister 02:00 by die huis opgedaag waar sy twee seuns en hul ouma gewoon het.
Mev. Matlala was die ma van Phosa se vriendin.
Ramatseba het gesê die polisie ondersoek drie moordsake.