Padvalk-adjunk ondersoek weens voertuie, bedrog

2011-09-20 23:00

Dir. Ndumiso Jaca Foto: Lisa Hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die polisie ondersoek dir. Ndumiso Jaca, adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, omdat hy die Padverkeerswet oortree het.

Buiten dié ondersoek, word Jaca deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat en intern deur die Tshwane-metro weens beweerde bedrog ondersoek.

Die ondersoeke word gedoen nadat dit aan die lig gekom het dat die BMW Z4 waarmee Jaca ry nie op die eNaTIS-stelsel geregistreer was nie. Dié motor en die Harley-Davidson-motorfiets waarmee hy ry het dieselfde nommerplaat – BALTY GP – wat ook nie ge­registreer was nie.

Afgesien daarvan dat die motorfiets nie aan Jaca behoort nie, het die BMW Z4 ook ’n blou polisielig, maar die motor is nie as amptelike polisievoertuig geregistreer nie.

Mnr. Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project South Africa (JPSA), het Vrydag ’n klag teen Jaca by die Alberton-polisiekantoor aanhangig gemaak omdat hy na bewering art. 68 van die Padverkeerswet oortree het.

Die saak is intussen na die Pretoria-Wes-polisiekantoor oorgeplaas.

“Die klag is soortgelyk in die erns daarvan aan sake soos dronkbestuur, roekelose of nalatige bestuur en bedrog. Dit is nie iets waarvoor ’n eenvoudige boete uitgereik kan word nie,” het Dembovsky in ’n verklaring gesê.

Dembovsky het gesê as die JPSA nie ’n strafregtelike klag teen Jaca gaan indien nie, gaan niemand dit doen nie omdat “cronyism” hier duidelik aan die gang is. “Enige burgerlike wat dieselfde misdaad gepleeg het, sou summier gearresteer en aangekla geword het,” het Dembovsky gesê. “Mnr. Jaca word duidelik gesien as iemand wat weens sy posisie onaanraakbaar en verhewe bo die reg is.”

Dembovsky het gesê Jaca het verlede week die BMW Z4, wat hy in Mei 2008 gekoop het nadat dit afgeskryf is, vir ’n padwaardigheidstoets by die Randburg-toetssentrum geneem. Daarna het hy dit by die Mabopane-toetssentrum, in die noorde van Pretoria, geregistreer en gelisensieer. Hy het ook die nommerplaat BALTY GP geregistreer.

Kapt. Pinky Tsinyane, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van bedrog is teen Jaca aanhangig gemaak. Volgens Tsi-nyane sal Jaca se verklaring verkry en die dossier na die direkteur van openbare vervolging gestuur word vir beslissing oor vervolging.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.