Padverkeerskorporasie gooi miljoene in water

2010-07-29 22:31

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het onder leiding van mnr. Ranthoko Rakgoale, geskorste uitvoerende hoof, minstens R144 miljoen in die water gegooi.

Wanbestuur en die onregmatige toekenning van tenders en dienskontrakte was algemeen.

Die RTMC het ook R300 miljoen se eNaTIS-transaksie­gelde onregmatig gebruik om sy uitgawes te dek in plaas daarvan om dit aan die departement van vervoer te betaal.

Mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, het in Februarie ’n taakspan aangestel om bewerings van wanbestuur en die misbruik van geld te ondersoek.

Rakgoale en nog drie RTMC-werknemers is intussen geskors.

Ndebele het gister die bevindings van die taakspan se verslag op ’n mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.

Die wanbesteding sluit ’n onregmatige huurooreenkoms van R658 miljoen vir ’n tydperk van tien jaar in.

Dié ooreenkoms is intussen gekanselleer en die uiteindelike verlies was R11 miljoen.

Die taakspan het bevind die regte prosedures vir internasionale reise, onder meer dat toestemming van die departement van vervoer verkry moet word, is nie gevolg nie.

’n Amptenaar het Australië toe gevlieg, een nag daar geslaap en teruggekom, terwyl die vergadering wat hy/sy sou bywoon ’n week lank geduur het, het me. Riah Phiyega, voorsitter van die taakspan, gesê.

Sommige werknemers het dokumente wat die taakspan in sy ondersoek gebruik het, probeer steel.

Rakgoale kry intussen elke maand sy salaris. Mnr. Collins Letsoalo, die RTMC se waarnemende uitvoerende hoof, het gister gesê mens is onskuldig totdat jy skuldig bewys word en dat Rakgoale deur die regte menslikehulpbron-prosedures moet gaan.

Ndebele het bygevoeg tugstappe kan nou, in die lig van die bevindings, gedoen word. Volgens die departement kan strafregtelike aanklagte en siviele eise die skuldiges in die gesig staar, maar geen besonderhede hieroor is bekend gemaak nie.

Die RTMC is gestig om strategiese beplanning ten opsigte van padverkeerkwessies op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak te koördineer. Een van sy take is om die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) toe te pas.

Dié omstrede verkeerswet, wat al geruime tyd in Johannesburg en Pretoria toegepas word, sou op 1 November landwyd in werking gestel word. Dit is egter tot 1 April volgende jaar uitgestel.

Soveel geld is verkwis:

  • IT-infrastruktuur onregmatig gekoop (vermorsing van R11 miljoen);
  • 'n Aanmeldingstelsel vir ongelukke onregmatig gekoop (R65 miljoen);
  • Tender toegeken vir ’n hulpbronbeplanningstelsel vir ondernemings wat nie gebruik word nie (R34 miljoen);
  • Oorbesteding by provinsiale werksessies (R3 miljoen);
  • Oorbesteding by ’n internasionale konferensie in Kaapstad (R9 miljoen);
  • Ongemagtigde aankoop van kantoormeubels (R1,2 miljoen);
  • Diensverskaffers onregmatig aangestel om waar te neem vir onbekwame personeellede in die finansiële eenheid (R13,3 miljoen); en
  • Kontrakte onregmatig toegeken vir ’n IT-hulptoonbank en internetbestuurstelsel, evaluering van elektroniese voertuigidentifikasie-tegnologie en “professionele dienste” (R17,5 miljoen)

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Audit

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-420,000 Per Annum Cost To Company

Embedded Engineer

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R750,000-800,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...