Panjo: ‘Ons is nou weer ’n familie’

2010-07-29 22:31

Hulle gesels kopstukke! Mnr. Justin Fernandes se kop verdwyn byna in Panjo se bek waar hulle gister op die Jugomaro-wildplaas by Groblersdal speel. Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Groblersdal. – “Ons is nou weer ’n familie.”

So het die Fernandes-gesin gister gesê terwyl hulle hul tier Panjo sagkuns gestreel en liefkoos het.

Terug by sy huis op die Jugomaro-wildplaas in Groblersdal het dié 18 maande oue Bengaalse tier gister vir tientalle

mediafoto’s geposeer terwyl hy aan sy melkbottel gesuig het.

Panjo is eergisteraand op die R25 sowat 40 km van Bronkhorstspruit en 10 km van die Verena-plakkerskamp gevind nadat hy Maandagaand uit
mnr. Goosey Fernandes se bakkie ontsnap het.

Fernandes se seun, Justin (23), het gesê Panjo was so uitgehonger ná die twee dae dat hy by sy tuiskoms sowat 25 kg en gister ’n verdere 15 kg vleis opgevreet het.

Hy het met Panjo gespeel waar die jong tier, duidelik uitgeput, op die grasperk voor die plaashuis gelê het.

“Panjo het gisteraand eers sy melk gedrink voordat hy op die bank in die TV-kamer aan die slaap geraak het.”

Panjo, wat klein skraapmerkies op die gesig, regterpoot en -skouer opgedoen het, is ook met sy agt jack russell-vriende verenig. Hy sal van vandag weer in sy hok van 100 m by 50 m, omhein met elektriese draad en wat ’n swembad, slaapgrot en speelgoed bevat, slaap.

“Hierdie is sy stukkie hemel op aarde. Volgens natuurbewaringstandaarde behoort sy hok 20 m by 5 m te wees, maar ons het dit veel groter gemaak, want ons gaan binnekort vir hom ’n maat kry en met teling begin,” het Justin gesê.

Mnr. Fernandes het gesê hy het wel geldige permitte vir sy groot kat. Hy is egter deur die Marble Hall-polisiekantoor (Limpopo) met R1 500 beboet weens die vervoer van Panjo oor die Limpopo/Mpumalanga-provinsiegrens ingevolge die Wet op Vervoerpermitte van Wilde Diere. “Ek sal die vervoerpermit baie vinnig uitsorteer,” het mnr. Fernandes gesê.

Mnr. Fernandes het gesê hy is “ongelooflik lief vir my kietiekat” en dat hy Panjo eers “’n lang ruk gesoen en gedruk het” toe hulle by die huis aangekom het.
“Ons kry binnekort drie tiere en ’n drie weke oue wit wyfietier, wat Panjo se teelmaat gaan wees.”

Panjo self is op drie weke by ’n teelplaas in Zeerust aangekoop nadat sy ma hom verwerp het omdat hy “sieklik” was. “Panjo is ons kind. Noudat hy tuis is, is ons weer ’n familie.”

Mnr. Fernandes se vrou, Rose, het gesê hulle is steeds oorweldig deur al die oproepe van ondersteuning van oor Suid-Afrika heen en tot so ver as Engeland.

“Daar is veral belangstelling onder kinders wat vir Panjo wil kom kuier. Ons is so dankbaar aan almal wat kom help soek het en in ekstase dat hy gevind is.”

Die Springs-veearts waarheen Panjo sou gaan vir sy laaste inentings en opsporingstelsel toe hy vermis geraak het, sal hom in Groblersdal kom besoek, het mnr. Fernandes gesê.

“Ek sal nie weer die kans vat om hom Springs toe te neem nie.”


Tiermelk! Panjo lê weg aan ’n bottel melk kort ná sy tuiskoms eergisteraand by sy “gesin”, die Fernandesse. Links is Justin (23), sy ma, Rose, en sy pa, Goosey (met die bottel).
Foto: Denvor de Wee



Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.