Parlement bekyk nuwe bewyse oor kontrak vir wapens

2010-07-20 22:33

Kaapstad. – Die parlement het die regering se omstrede multimiljardrand-wapentransaksie weer op sy sakelys geplaas en gaan aanstaande maand vier dae afstaan om omstrede nuwe bewyse, dokumente en getuienis te oorweeg.

Dit kan daartoe lei dat vername rolspelers in die sluiting van die wapenkontrakte, insluitend oudpres. Thabo Mbeki en mnr. Mosiuoa Lekota, ’n voormalige minister van verdediging, geroep kan word om voor parlementslede te verskyn.

Mnr. Themba Godi, LP van die African People’s Convention en voorsitter van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), het bevestig die wetgewer sal volgende maand ’n lywige voorlegging van die sakeman dr. Richard Young oorweeg.

“Dit wat Young aan die parlement voorgelê het, is nuwe inligting. Ons gaan bepaal in watter mate dit die kwessie vorentoe kan neem en sal ons laat lei deur die bewyse wat voorgelê word.”

Young, wie se maatskappy CCII Systems die tender vir die vloot se nuwe korvette verloor het, het verlede jaar ’n verslag aan Skoor oorhandig waarin beweer word die ouditeur-generaal, openbare beskermer en die nasionale vervolgingsgesag het bevindings van die gesamentlike ondersoekspan bekook.

Hy grond dié bewerings op dokumente wat nie in 2000, toe die ondersoekspan die wapentransaksie ondersoek het, beskikbaar was nie. Mbeki, Lekota en mnr. Trevor Manuel, nou beplanningsminister, word betrek.

Volgens ’n ontleding van Young se verslag deur die DA is die ondersoekspan se voorlopige bevindings deurspek van aanpassings, uitlatings en veranderings.

Handgeskrewe aantekeninge deur iemand waarvan die identiteit nie bekend is nie, kom oral voor, terwyl die name van Mbeki, Manuel en Lekota in kantlyne gekrap staan.

Van die vername aanpassings sluit in:

  • Die bevinding dat daar “beduidende leemtes” in die aanwysing van BAE en SAAB as voorkeurkontrakteurs vir die aankoop van vegvliegtuie is, is heeltemal weggelaat;
  • ’n Afdeling oor wyses waarop mnr. Joe Modise, ontslape voormalige minister van verdediging, die BAE/SAAB-tender beïnvloed het, is heeltemal weggelaat;
  • Die OG se ganse bevinding oor die proses rondom die BAE/SAAB-tender word omgekeer. Pleks van ’n bevinding oor ministeriële inmenging en bevoordeling lui dit die proses was bo verdenking en daar is “geen gronde” vir agterdog nie.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.