Parlotones gekap oor WB-liedjie vir Duitsers

2010-06-16 23:46

Kahn Morbee van The Parlotones destyds met een van die groep se optredes by die South African Music Awards (SAMAS). Foto: Cathy Pinnock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Parlotones, een van die land se grootste musiekgroepe, het heftig teruggekap ná ’n berig wat hulle daarvan beskuldig dat hulle onpatrioties is.

In ’n artikel getiteld “Parlotones laat Suid-Afrika in die steek en ondersteun Duitsland” op die webwerf 2oceansvibe.com skryf blogger Seth Rotherham die groep se nuwe Duitse webwerf (the-parlotones.de), laat dit lyk of hulle midde-in WB 2010 die Duitse sokkerspan ondersteun.

Volgens Rotherham is die lirieke “Come back as heroes” in hul nuwe liedjie gemik op die Duitse sokkerspan.

“Om hulself by ’n ander nasie te skaar en vir dié se oorwinning te sing gedurende ’n toernooi wat in hul tuisland gehou word en waaraan hul land deelneem, kan die laaste strooi vir hul aanhangers wees,” het hy geskryf.

’n Hewige debat oor die aangeleentheid het ook op Facebook en Twitter ontstaan.

Kahn Morbee, die groep se hoofsanger, het ’n verklaring met die opskrif “Vir ewig ’n Suid-Afrikaner” gesê hy reageer nie normaalweg op “haat” nie, maar omdat sy “patriotisme”, waarvan hy “’n oorvloed het, bevraagteken word”, sal hy sy stem laat hoor.

“Die waarheid is: Ja, ons het ’n temalied vir ’n Duitse uitsaaimaatskappy gemaak, maar dit is ’n feit dat niemand van die Duitse publiek vir ’n sekonde onder die indruk is dat ons hul land bo ons s’n stel nie,” het hy gesê.

“Vir die afgelope twee jaar wat ons Duitsland toe gaan, het ons baie min oor musiek gepraat, maar baie oor Suid-Afrikaanse politiek en ons pragtige land.

“Die liedjie is nie verraad teen ons land nie, dit is net ’n liedjie,” het hy gesê.

2 Oceans Vibe het ’n internetradio- en -TV-stasie ook.

Rotherham het in reaksie op Morbee se verklaring gesê hulle het die groep genooi om gaste op die radiostasie te wees.


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.