Plaasaanval: ‘Ek moet skiet om te leef’

2009-12-24 03:54

“Ek moet skiet om te oorleef.

“Ons het nie meer ’n ander keuse nie.”

So het mnr. Louis Meintjes, adjunkpresident van TLU SA, gister gesê. Hy het Maandagnag met drie skote geantwoord toe ’n rower in sy huis in Boekenhoutskloof in die Cullinan-omgewing op hom geskiet het.

Meintjes en sy vrou, Erika, het dié nag omstreeks 23:15 wakker geword van ’n harde slag. Dit was toe rowers hul eetkamervenster met ’n klip gebreek het.

Hy het in sy kamerdeur gaan staan, in die gang af geloer en twee mans in die sitkamer sien staan.

“Ek het die handradio vir my vrou gegee, haar badkamer toe gestuur en gesê sy moet die gemeenskap roep,” het Meintjes vertel.

“Toe sy op die radio roep, het hulle (die rowers) dit gehoor en op my geskiet. Hulle het een skoot afgevuur.

“Toe hy skiet, het ek gereageer. Ek het nie gewonder of ek moet skiet of nie. Ek het teruggeskiet.

“Die realiteit is hy skiet eerste. Daar is hoeveel voorvalle waar die rowers die mense kan vasbind en kan vat wat hulle wil hê, maar hulle doen dit nie.

“Hulle skiet.

“Ek moet skiet, anders sal ek dit nie oorleef nie.”

Meintjes vermoed een van sy drie skote het een van die rowers getref, want bloed is op die plaveisel buite die eetkamervenster gekry.

Die twee rowers en nog een wat vermoedelik in die tuin geskuil en van buite op Meintjes geskiet het, het gevlug. Polisie- en gemeenskapslede wat binne minute op die toneel was, het die rowers se spoor probeer volg, maar niks gekry nie.

Mev. Meintjes het gesê al is daar verskeie misdaadvoorvalle soos diefstal, huisbrake en huisrooftogte in dié omgewing, weier sy om deur misdadigers geïntimideer te word.

“Ek bid elke dag vir ons veiligheid. Daar is honderde mense wat elke dag vir God vra om ons te behoed en te bewaar.

“As dit nie vir Hom is nie, sal ons dit nie oorleef het nie,” het sy bygevoeg.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.